UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2 50 JAAR GELEDE 3 APPELKOOSONDERSTAMME 3 FRUIT JUICE MATTERS 6 PERSKE ONDERSTAMME 8 SPRAY AND HARVEST GF120 12

Similar documents
The Influence ofdietary Protein Levels on Growth Curve Parameters of Quail

RULES/REËLS , FAUNASIG 9325, / ,

Western Cape Government. Agriculture. Canola

The Blom brothers, Robert and

For the love and care of Fancy Pigeons / Vir die liefde en versorging van Sierduiwe

VICTOR GEL. Reg no. L8594 Act/Wet 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 4A IRAC INSEKDODERGROEPKODE ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL

Core vs non-core vaccines Legitimate immunisation records Importance of vaccination Vaccine administration Immunisation programme

BFN GSD CLUB NEWS LETTER/NUUSBRIEF

Agter die kap van die byl

SHELLEY POINT NEWS. June A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point

DIE ROL VAN SOSIALE ONDERSTEUNING IN DIE LEWENSTEVREDENHEID VAN MIV-GEAFFEKTEERDE ADOLESSENTE ALBERTUS J MALGAS

KLOSTRIDIALE SIEKTES:

Protokol : INVOER. Perde : Permanent & Tydelik. vol1.4 ( 2013 )

OCCURRENCE OF HELNIINTH INFECTIONS IN DOGS IN FIVE RESOURCE-LIMITED COMMUNITIES IN SOUTH AFRICA

Raad en personeel 2. Van die Vise-President 4. Die regte stoetbul van die begin af. The correct stud bull from the start 8

PRONDIVAX Multi C8 + B Reg. No. G4207 Act/Wet 36/1947

NUUSFLITS \ NEWSFLASH

Vrae: Wie van julle het hierdie nuwe fliek gesien: Dinossaur? Wie van julle glo dat daar regtig dinossaurusse was? Miljoene en miljoene jare terug.

TULI joernaal 2014 journal

DIE OMVANG EN PRAKTIESE UITVOERBAARHEID VAN ONDERSTEUNDE INKLUSIEWE ONDERWYS IN PUBLIEKE LAERSKOLE IN GAUTENG. deur. Emmarentia Frederika Rheeders

Vol 28 / No 1 / 2018

SOUTH AFRICAN NATIONAL CAGE BIRD ASSOCIATION

The effect of different incubation temperatures on chick quality

God s gift to Cattlemen

DIERE HANTERING deur Leon Kruger

Veekundige Beraad. 17 Julie 2014 Vrede

n Algemene resep wat gebruik kan word vir die A general recipe for raising hand-reared lambs: grootmaak van hanslammers is:

n Studie van die/a study of the S.A.Boerbok/goat, Savanna & Kalahari Red

Contents. Inhoud. Advertisements. Advertensies

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates October/Oktober 2014

Natures money maker A NEW DAWN FOR SHEEP BREEDERS

116, Graaff-Reinet, 6280

"Veterinere Volksgesondheid - Vakgebied of Beroepstaak1" Universiteit van Pretoria

HOE HOW registreer ek my bokke by SA Stamboek do I register my goats at SA Studbook

PROOF. Services by the South African Milch Goat breeders society. Dienste gelewer deur Suid Afrikaanse Melkboktelers vereniging

June/July Enjoy the reading, and please inform us if there is a specific topic you need covered. Regards

» Young Veterinarian of the Year Award

ACKNOWLEDGEMENTS. dedicated to

FOR ANIMAL USE ONLY BRAVECTO


Magazine. Home make over page 9. Food that make you HAPPY page 12. WIN A ROMANTIC DINNER FOR 2- page 3 ONLINE I M ON YOUR PHONE!!

KALF- GESONDHEID. Rotavirus Coronavirus E.coli. Waterig met slym, en groot volumes. Nie so depressief as met Rotavirus nie, drink nog melk.

SUPER SUMMER SALE. Saturday 15 November 12:00

Visit our website:

Nasionale Jeugskou/ National Youth Show. Wolskaap / Wool sheep

BRANGUS Joernaal 2011 Journal

MOLKENTIN-STUD. We are selling breeding stock all year. round in all price-ranges depending on quality.

Quantitative feed restriction of Pekin breeder ducks during the rearing period and its effect on subsequent productivity

SENEPOL NEWS. Senepol Breeders Society established. National Senepol Auction 9 April 2011, Circle C Ranches near Excelsior

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

Insecticide A contact suspension concentrate acaricide for the control of various mite pests on citrus.

Improving production with the help of

NASIONALE DIERETUIN VAN SA PRETORIA NATIONAL ZOOLOGICAL GARDENS OF SA

Third Quarter 2016 The

FOR ANIMAL USE ONLY BRAVECTO

BAMBINO KLEUTERSKOOL

Jakkals Jag 2 Roepers!

SA STAMBOEK SA STUD BOOK

e-magazine Issue 2, Spring 2014

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

Celtis Africana October The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Celtis Africana January The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

FOR MEMBERSHIP & GENERAL ENQUIRIES PLEASE CONTACT THEUNS EKSTEEN AT Hot off the Press!!

LUGWEG- INFEKSIES IN BEESTE: n Paar vrae beantwoord

Visit our website:

FEEDBACK ON CONGRESS MATTERS OF THE RMAA - MAY 2014

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates June/Junie 2014

DECLARATION. Date: 20 September Copyright 2010 Stellenbosch University. All rights reserved

FACTORS AFFECTING OSTRICH LEATHER TRAITS

WELCOME TO / WELKOM BY WOODVIEW ANGUS VALUE FOR MONEY FEMALE SALE! On behalf of / Namens THE ANGUS FAMILY

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates March/Maart 2015

MEDEDELINGEN VAN DE LANDBOUWHOGESCHOOL TE WAGENINGEN NEDERLAND 64-6 (1964)

DEPARTEMENTVANLANDBOU. DEPARTMENT OF AGRICUL TURE No. R March 1992

November (Previous disease reports can be seen on the RuVASA website ) These reports include data from individual practices

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates January/Januarie 2014

La Rhone John Deere LR 0977 Snr Kampioen Limousin Bul. La Rhone Garland LR 0739 Snr en Groot Kampioen Limousin Koei

International delegations visit the Zoo

MEI/MAY 2016 NWKV Nuusbrief 39 / NWGA Newsletter 39. CMW is die hoofborg van hierdie nuusbrief.

THE LEBOMBO ECO-TRAIL

Observations on neonatal progress of Dormer and South African Mutton Merino lambs

DG NEWSLETTER. District 410D March 2018

No. Animals Born Birth Weight Weaning Weight 12 Month Weight 18 Month Weight Female Male Total Female Male Ave. Female Male Ave. Female Male Ave.

The caring relationship: a qualitative study of the interaction between childless married couples and their dogs

INSECTICIDE. 500 ml CAUTION

FAERIE GLEN BULLETIN Summer Edition 2018

An analysis of the Pseudocordylus melanotus complex. (Sauria: Cordylidae)

INHEEMSE VELDBOKTELERSGENOOTSKAP INDIGENOUS VELD GOAT BREEDERS SOCIETY

F.E. van Niekerk*, C.H. van Niekerk and J.C. Morgenthal

From the Horse s Mouth

Aspects of the thermal ecology of the group-living lizard, Cordylus cataphractus: A spatial and temporal analysis

FROM THE HORSE S MOUTH

FROM THE HORSE S MOUTH

SUMMARY. The outlook for Nile crocodiles in the Olifants River does not look optimistic. Since the

RESULT / UITSLAG LEEU GAMKA 20 AUG KM

Y E A R S. photography by Arne Jennard, Jageneau and pvd concept. book design by Open Up Media

of oestrus in sheep: The use of controlled internal drug release (CIDR) dispensers

INHEEMSE VELDBOKTELERSGENOOTSKAP INDIGENOUS VELD GOAT BREEDERS SOCIETY

Improving ostrich welfare by developing positive human-animal interactions. Pfunzo Tonny Muvhali

~ I. I OFFICIAL GUIDE tl. I r~ TO ~ ~ The National Zoological ~ r~ Gardens of South Africa ~ PRETORIA,1928. Pretoria, South Alri~p

Production parameters for Dohne Merino sheep under an accelerated, lambing system

Transcription:

NR/NO. 231 DESEMBER / DECEMBER 2017 INHOUDSOPGAWE CONTENT BLADSY / PAGE UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2 50 JAAR GELEDE 3 APPELKOOSONDERSTAMME 3 FRUIT JUICE MATTERS 6 PERSKE ONDERSTAMME 8 SPRAY AND HARVEST GF120 12 VRUGGROEIKURWES VIR INMAAKPERSKES 14 DIE BELANG VAN SERTIFISERING VAN PLANTMATERIAAL IN DIE SAGTEVRUGTEBEDRYF 18 KRAG VAN LIEFDE LEI TOT WARE VREDE 20 VERBRUIKERSSTUDIE OLIMPIADE 23 KERSFEES SEENINGE 24 NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: inmaak@cfpa.co.za Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken. 1 van 24

UIT DIE VOORSITTER SE PEN ANTHONY DICEY IN EEN VAN SY BOORDE Ek sien in Oktober in Die Burger onder hulle artikel 50 jaar gelede die volgende opskrif: Krisis vir S.A. perskeboere voorspel - n kwart van oes dalk begrawe. Met dit in gedagte kyk ek oor die afgelope jaar terug op wat verreweg die uitdagenste seisoen was wat ek in die bedryf ervaar het. Produsente wat nie hulle kontrakte eerbiedig nie, verwerkers wat met amper geen kennisgewing innames stop en die droogte het bygedra tot n moeilike jaar vir die bedryf. Hierdie onstabiliteit bemoeilik beplanning en dit gaan beslis n blywende negatiewe impak op ons bedryf hê. Produsente ervaar alreeds geweldige druk vanuit verskeie oorde, en word ons vooruitsigte negatief beïnvloed deur verskeie faktore. Produsente aanvaar dit as deel van landbou. Ons het almal egter n groter verantwoordelikheid as net ons balansstaat en in Suid Afrika, veral op die platteland, het ons n groot sosiale en ekonomiese verpligting wat ook nagekom moet word. Die Vereniging probeer sy bes om te verseker dat ons bedryf nie kleiner word nie deur inmakers te beïnvloed om verby net hierdie jaar se finansiële uitdagings te kyk. Om kwotas in te stel sal n vernietigende effek op ons langtermyn bedryf hê. Die langtermyn aard van ons bedryf mag nooit buite berekening gelaat word by enige besluit nie, en tog kry ek somtyds die gevoel dat korttermyn besluite geneem word. Ek glo met goeie kommunikasie tussen produsente en inmakers kan ons besluite neem wat wedersyds tot voordeel van alle rolspelers in ons bedryf is. Graag wil ek alle produsente sukses toewens vir die oes wat voorlê. Ons moet dankbaar wees vir al die gawes wat ons ontvang. Uitdagings sal altyd oor ons pad kom, maar ek glo dat ons dit sal kan oorkom. Mag u n Geseënde Kersfees ervaar en voorspoed met die jaar wat voorlê. ANTHONY DICEY, VOORSITTER 2 van 24

50 JAAR GELEDE 4 OKTOBER 1967 Perskeboere in Suid-Afirka sal sowat 25 persent van hul volgende oes vir die inmaakbedryf moet begrawe. Daar sal geen mark daarvoor wees nie. Inmaakfabrieke oor die hele Wes-Kaapland sit met groot voorrrade wat hulle nie verkoop kry nie. En die mark in Brittanje, Suid-Afrika se grootste koper is vanjaar swakker as in n lang tyd. Hierdie donker prentjie word geskilder deur inmakers oral in die Wes-Kaapland. Iets baie dramaties sal moet gebeur om die toestand te verander, het een gesê. In die artikel word daar verwys na die strawwe mededinging op die internasionale mark en die laer pryse wat behaal word. n Oorskot van ingemaakte vrugte druk pryse in die winkels laer word gerapporteer. Redakteur: Daar is niks nuuts onder die son nie APPELKOOS ONDERSTAMME Artikel deur Dr. Piet Stassen vir IPV Navorsing By appelkose soos by ander steenvrugte is daar ˈn behoefte om gebruik te maak van verskeie onderstamme om aan te pas by die spesifieke grondomstandighede wat voorkom. Appelkoossaailing onderstam is goed aangepas by goed gedreineerde, diep grond en veral skalie gronde. Daarteenoor is die onderstam nie geskik vir kalkryke, brak, vlak gronde en gronde waar nattigheid kan voorkom nie. Daar is al bewys dat die opbrengs en vruggrootte van appelkoosbome op onderstamme soos Marianna, Flordaguard en Viking uitstekend is. Resultate soortgelyk aan die resultate wat met perskes en pruime verkry is, word verkry wanneer die geskikte onderstam gebruik word om aan te pas by die grondomstandighede. Onverenigbaarheid, die gladde afbreek by die okuleerlas, maak egter die gebruik van alle beskikbare onderstamme behalwe Royalsaailing riskant (Tabel 1). Suid-Afrikaanse appelkooskultivars is hoofsaaklik afkomstig vanaf Blenheim (Royal tipe) of Canino (Bulida tipe) of kruisings van die twee tipes. 3 van 24

Tabel 1. Die invloed wat die onderstam het op die gladde afbreek by die okuleerlas van kommersiёle Suid-Afrikaanse bostamkultivars (Soldonne, Bulida, Palsteyn/Imperial, Charisma, Super Gold). Onderstam % afbreek by entlas Royalsaailing 0 Marianna 37 Viking 100 Atlas 100 Kakamassaailing 58 Flordaguard 44 SAPO 778 89 Cadaman 100 GF 677 100 Alleenlik Royalsaailing as onderstam verseker verenigbaarheid met alle bostamkultivars vanuit die Suid-Afrikaanse program asook ander ingevoerde bostam kultivars. Tabel 1 toon aan dat alle huidig beskikbare onderstamme behalwe Royalsaailing, gedeeltelik of ten volle onverenigbaar is met ons bostam kultivars. Royal appelkoos is daarom die geskikte tussenstam om te gebruik wanneer ons van ander onderstamme wil gebruik maak en die risiko van afbreek wil vermy. Die gladde afbreek kan al in die kwekery waargeneem word wanneer krag op die las uitgeoefen word. In die boord breek die bostam glad af wanneer die koepel sterk ontwikkel gedurende die tweede of derde groeiseisoen. Sterk wind mag ˈn rol speel om die afbreek te bespoedig. Om die bome te stut mag ietwat help maar sal nie afbreek uitskakel nie. Navorsing oor die jare het aangetoon dat verenigbaarheid verseker kan word deur gebruik te maak van ˈn Royal tussenstam. Dit kan bewerkstellig word deur dubbelokulering. Hier word ˈn skildjie van die Royal kultivar (stukkie hout gesny agter die Royal knoppie/ogie) ingevoeg tussen die onderstam en die bostamknop by okulering. Die proses wat meer dikwels gevolg word omdat dit prakties makliker werk, is om eers die Royal ogie/knoppie op ˈn groenloot vanuit die onderstam te okuleer en daarna die bostam ogie op die Royal groenlootjie te okuleer wanneer dit dik genoeg is. Om die proses betyds te kan uitvoer moet die eerste okulering vroeg genoeg uitgevoer word en daar moet sterk genoeg groei wees om die nodige dikte vir die tweede okulering te verkry, anders sal boompies nie in eenjaar gemaak kan word nie. Omdat hier twee keer geokuleer word is daar ˈn bykomende koste. APPELKOOS ONDERSTAM PROEWE Navorsing oor dekades in Suid-Afrika het ook aangetoon dat hierdie Royal tussenstam geensins produksie en vrugkwaliteit nadelig beïnvloed nie. Die onderstam wat gebruik word behou sy eienskappe en dieselfde geld vir die bostam. Die tussenstam verhoed egter enige fisiologiese of anatomiese verskille om tot uiting te kom en onverenigbaarheid teweeg te bring. Geen afbreek of swak okuleerlasse is verkry oor ˈn periode van drie tot vier jaar met sterkgroeiende appelkoosbome, wanneer gebruik gemaak is van ˈn tussenstam nie. 4 van 24

ˈRusticˈ appelkoosbostam geokuleer op potensiёle beskikbare onderstamme met ˈn Royal tussenstam is vergelyk met dieselfde bostam direk op appelkoossaailing (Tabelle 2 en 3). Swakker bome uit die kwekery het in meeste gevalle ingehaal met sterk Royalsaailing onderstam en min of geen statisties betekenisvolle verskille het na ˈn paar jaar voorgekom nie. Baie navorsing met onderstamme vir ander steenvrugte is uitgevoer. Die eienskappe van onderstamme van perskes word ook in die uitgawe van die Krat bespreek. Daar is geen rede dat dieselfde onderstamme nie ook vir appelkose gebruik kan word nie, indien die onverenigbaarheids probleem uitgeskakel word. Dieselfde geld vir die Marianna onderstam wat vir pruimbome gebruik word. Tabel 2 Stamomtrek van ˈRusticˈ geplant 2013 en gedurende die vierde winter, te McGregor (22% klei, 5% slik en 73% sand, ph (KCl) 6.4). Potensiёle onderstamme met Royal tussenstam word vergelyk met waar die bostam direk op Royalsaailing geokuleer is. Onderstamme 2013 (mm) 2016 (mm) Royal* 42.09 a 311.00 a Atlas** 32.31 b 302.50 ab Viking** 29.83 bc 307.86 ab Cadaman** 28.51 cd 318.50 a Guardian** 26.55 de 316.70 a GF 677** 24.67 e 278.75 bc SAPO 778** 15.27 f 304.38 ab Tsukuba 4** 12.05 g 253.33 c P(ANOVA) <0.0001 0.0033 *Saailing **Royal tussenstam. 2013 net na plant Tabel 3 Stamomtrek van 'Rustic' geplant 2013 vir drie opeenvolgende jare, te Bonnievale (19% klei, 17% slik en 64% sand, ph (KCl) 6.3). Potensiёle onderstamme met Royal tussenstam word vergelyk met waar die bostam direk op Royalsaailing geokuleer is. onderstamme 2013 (mm) 2014 (mm) 2015 (mm) Royal* 37.55 a 80.77 151.04 Atlas** 31.96 b 92.33 172.66 Viking** 25.41 c 91.66 171.40 Cadaman** 25.13 c 82.66 154.57 GF 677** 21.53 c 89.40 167.18 P(ANOVA) <0.0001 0.2334 0.3324 *Saailing **Royal tussenstam. 2013 net na plant Opsomming Die volgende onderstamme is beskikbaar vir appelkose indien grondfaktore dit vereis: 1) op hoё ph gronde sal onderstamme soos Atlas, Viking, Garnem en Cadaman oorweeg word 2) op sandgronde Flordaguard, Atlas en Cadaman 3) op vlak gronde Marianna 4) waar genoegsame winterkoue voorkom (400 Infruitec eenhede of meer) en by later kultivars, sal SAPO 778 uitstekend vaar in die regte grond. 5) op diep, goedgedreineerde skalie gronde, is Royalsaailing uitstekend. Sien ook die artikel oor perske onderstamme in dieselfde uitgawe. 5 van 24

FRUIT JUICE MATTERS There are continual debates regarding the consumption of 100% fruit juices. Often, we find conflicting or misleading information in the media. It is therefore important to understand the science behind 100% fruit juices; clear up the misconceptions; and study the health benefits to make informed decisions. Here are a few simple considerations: 100% fruit juice has no added sugar: There are no added sugars in 100% fruit juice and it is prohibited by law. Fruit juice contains around 10% sugars which are all naturally occurring in the whole fruit from which the juice is squeezed. The remaining 90% is made up of water; vitamins such as vitamin C; minerals such as potassium; and phytonutrients. It should also be remembered that hydration is important, and people generally need 5 glasses of liquids per day. 100% fruit juice should not replace whole fruit: The recommended intake of fruit and vegetables is at least 400gm per day or at least 5 portions a day. Most people are not eating the recommended amounts and therefore a daily glass of 100% fruit juice is a sensible and convenient complement to whole fruit in achieving the recommended levels of consumption. Studies also suggest that people who drink fruit juice have a more adequate nutrient intake than those who don t and importantly also tend to consume more whole fruit and vegetables. 100% fruit juice should be consumed as part of a balanced diet: Today in addition to unhealthy lifestyles people eat more foods high in energy, fats and salt than in the past and not enough fruit and vegetables. Too much sugar, no matter what kind, is not healthy and therefore energy dense and nutrient deficient foods and beverages should be limited or avoided. One small glass of a refreshing and tasty 100% fruit juice is therefore beneficial once a day. Like all other foods and drinks, 100% fruit juice is best in moderation. 6 van 24

Today myths cloud both the consumer and healthcare communities understanding of the benefits of fruit juice. I would encourage you to do your own research. A good place to start is www.fruitjuicematters.eu from which the above comments were extracted. In other news - We expect the Sugar Tax, or now called Health Promotion Levy, to be implemented in the New Year and proposed legislation is currently under review. 100% fruit juices are excluded. - In addition, debates between the various primary and processing agricultural sectors and the Department of Agriculture continue over their controversial move to appoint private Assignees to implement Inspection Services, the costs of which are now to be borne by industry. Whilst we support regulations and compliance, we continue to object to proposed implementation plans which are both impractical and also excessively costly. The drought continues to hamper agriculture in especially the Western and Eastern Cape. Despite these trying times we wish all producers the very best for the upcoming summer crops. Rudi Richards (www.safja.co.za) 7 van 24

PERSKE ONDERSTAMME Artikel deur Dr. Piet Stassen vir IPV Navorsing Gedurende die dertiger en veertiger jare is die sogenaamde Transvaalse geelperskesaailing as onderstam vir perskes gebruik. Die perske was ˈn afstammeling van die Saint Helena perske wat ongeveer 1900 deur die boerekrygsgevangenis na Suid-Afrika gebring is. Saailingseleksies van die Transvaalse geelperske is gebruik om die inmaakreeks uit te brei. Een van die seleksies wat deur Collins in 1933 gemaak is, was veral uitstaande ten opsigte van vrugeienskappe en is Kakamas genoem. PERSKE ONDERSTAM PROEWE Reeds in 1952 het die kultivar ongeveer 76% van alle inmaakaanplantings uitgemaak. Pitte was dus volop en Kakamassaailing het die aangewese onderstam vir perskes in Suid-Afrika geword. Kakamassaailing wat vanaf virusvry bronne voortgeplant is, het goeie vruggrootte gegee. In die laat sewentiger jare het Nemaguard en Okinawa beskikbaar gekom om weerstand teen knopaalwurm te verskaf. Die eerste GF 677 onderstamme is gedurende 1984 op Bien Donné en Robertson proefplase geplant. Die onderstam moes die probleem van geïnduseerde ystertekort op kalkryke gronde die hoof bied. Oor die jare het Kakamassaailing steeds sy gewildheid behou maar aanplantings van Kakamas perskes het afgeneem soos ander meer produktiewe geelvleis, taaipit perskes beskikbaar gekom het. GF 677 het die standaard onderstam vir kalkryke gronde geword. Verskeie ontwikkelingsprogramme vir onderstamme het wêreldwyd tot stand gekom en onderstam hibriede het interessante moontlikhede na vore gebring. Waar pas Kakamassaailing en GF 677 in die huidige geheel prentjie vir die Suid-Afrikaanse perskeprodusent? KALK GEINDUSEERDE YSTER KLOROSE BY KAKAMAS SAAILING PERSKEBOOM OP GF677 WAT TE NAT GEKRY HET 8 van 24

Potensiёle onderstamme en hulle eienskappe Kakamassaailing (Prunus persica) Die onderstam is meer dwergend as die ander onderstamme wat hier bespreek word. Bome op die onderstam word maklik gestrem wanneer in gronde met minder as 20% slik en klei geplant word. Die onderstam is gevoelig vir nattoestande, kalkryke gronde, knopwortelaalwurm en sandgronde. Vruggrootte van bome op Kakamassaailing kan baie nadelig beïnvloed word onder sulke en enige stresomstandighede en opbrengs verlaging vind ook plaas. Die voortplanting van Kakamassaailing is meestal makliker en goedkoper as die van klonale onderstamme omdat goeie beworteling verkry word en geen tantieme betaalbaar is nie. Kwekers hou van die onderstam omdat die perske penwortel goed verplant vanaf die kwekery na die boord. Minder vrektes en sekondêre infeksies mag plaas vind, alhoewel vrektes nie uitgesluit is nie. Swak opbrengs en kleinvrugte kan nie maklik waargeneem word nie maar oor tyd het dit ˈn groot ekonomiese impak (by drie proewe in sandgronde byvoorbeeld was Alpine bome op Kakamassaailing se gemiddelde opbrengs 70% laer as op Flordaguard en vruggrootte 11% kleiner oor 5 tot 6 oesseisoene). Op hoё potensiaal gronde (20% en verkieslik meer slik en klei waar geen beperkinge voorkom nie) sal Kakamassaailing goed presteer. GF677 MET PHYTOPHTHORA SWAM INFEKSIE OORBESPROEIING VAN JONG GF677 BOOMPIES. GROOT DELE VAN WORTELS REEDS VERROT GF677 (P.persica x P. amygdalus) amygdalus = amandel Die onderstam bewortel nie altyd goed in die kwekery nie en veroorsaak dat die uiteindelike vat- en uithaal % laag is en die gehalte van sommige boompies se wortels baie swak is (tone). Sulke boompies verplant baie swak in boordtoestand. GF 677 is gevolglik vir kwekers minder ekonomies as Kakamassaailing en Marianna steggie. GF 677 word wêreldwyd ekskusief met weefselkutuur voortgeplant om n goeie rede. Sommige kwekers is besig om na daardie rigting te beweeg. (Die kweek van steenvrugte onderstamme in groeimedium in sakke om wortelontwikkeling te bevorder word ook ondersoek). As ons nie GF 677 beter bewortel nie, sal die onderstam van die toneel verdwyn in Suid-Afrika. GF 677 is al oor baie jare die standaard waarteen ander onderstamme gemeet word vir kalkbestandheid. GF 677 toon min tot geen kalk geïnduseerde ystertekort simptome. Die onderstam is baie gevoelig vir knopwortelaalwurm (nog meer as Kakamassaailing). Is uiters gevoelig vir oorbesproeiing of nattigheid wat die voorkoms van swaminfeksies (Phytophthora cactorum en ander) tot gevolg het, veral as fynwortelstelsel nie effektief genoeg is nie om doeltreffende wateropname instand te hou nie. Baie keer is wortelstelsel van sommige GF 677 boompies so swak dat enige stressituasie die boom maklik verswak. GF 677 kry dus maklik vrektes na aanplant in die boord. Kleiner vrugte kom voor veral by nektariene. Meestal is vrugte van bome op die onderstam later as die op Garnem, maar vroёer as die op Atlas. 9 van 24

Flordaguard (P. persica x P. davidiana) davidiana = Chinese wilde perske. Nemaguard ook persica x davidiana. FLORDAGUARD KWEKERY BOOMPIE MET SWAK WORTELSTELSEL FLORDAGUARD STEGGIES IN KWEKERY Flordaguard doen uitstekend in sandgronde (selfs die met minder as 10% slik en klei). Weens beter sinkronisasie tussen die bostam en die onderstam, is die onderstam baie geskik vir vroeё kultivars. Flordaguard met ˈn lae kouebehoefte is uitstekend vir lae kouebehoefte perske gebiede selfs die met minder as 200 Infruitec koue-eenhede. Is weerstandbiedend teen knopwortel aalwurm. Die onderstam is baie sensitief vir enige nattoestande en kan net geplant word in goedgedreineerde gronde waar geen watertafel in wortelsone kan voorkom nie. Watertafels moet met behulp van goeie dreinasie, afsnyslote en opêrd walle uit die wortelsone gehou word (dit geld in elk geval vir alle steenvrug onderstamme). Die onderstam is uiters gevoelig vir kalkryke gronde. Ringaalwurm getalle bokant 500/300 cm³ grond toon nadelige effekte ten opsigte van veral vruggrootte maar die onderstam is immuun teen knopwortel aalwurm (meer so as Nemaguard en Nemared). Die onderstam het rooi blare. Kwekery praktyke moet aangepas word sodat die onderstam genoegsaam kan afhard en reserwes kan opbou anders gaan die onderstam se baie goeie eienskappe daaronder ly. Atlas (P. persica x P. davidiana x P. dulcis x P. blireiana) dulcis = blom amandel. blireiana = P. mume (Japanese appelkoos) x P. cerasifera (een van Marianna se ouers). Staan bekend as ˈn komplekse hibried. Daar is ook Nemaguard gebruik. Naas Flordaguard is Atlas die beste geskik vir sandgronde. Die onderstam het ˈn beter wortelstelsel as Viking. Kry vertraagde bot onder 200 Infruitec koue-eenhede maar presteer steeds goed. Die onderstam is ˈn goeie gasheer vir ringaalwurm, maar is tog verdraagsaam daarteen. Selfs baie hoё getalle ringaalwurm sal nie vruggrootte en drag noemenswaardig beïnvloed nie. Weerstandbiedend teen knopwortel aalwurm. Vrugte raak later ryp as meeste ander onderstamme behalwe Viking. Uitstekende vruggrootte. Atlas se groeikrag is effens meer as die van GF 677 (ongeveer 5% plus). Bome op Atlas wys wel vergelingsimptome op kalkryke gronde (10%) maar dit beïnvloed nie drag en vruggrootte noemenswaardig nie. Die onderstam is goed aangepas vir wye reeks grondteksture en ander grondfaktore. Viking (selfde as Atlas) Die onderstam doen beter as die gronde ongeveer 20% of meer slik en klei bevat. Groeikrag is ongeveer dieselfde as GF 677. Is swakker gasheer vir ringaalwurm as meeste ander onderstamme. Op sandgronde en in warm maande kan bome op die onderstam maklik aan uitdroging blootgestel wees en gevoeligheid vir ringaalwurm kan dan toeneem. Bome op die onderstam is ook nie heeltemal sonder vergeling op kalkryke gronde, maar soos Atlas beïnvloed dit nie die boom se prestasie vermoё nie. 10 van 24

SAPO 778 {P. persica [P.persica x P. amygdalus]} Die onderstam is nie geskik vir vroeё kultivars en vir lae koue behoefte gebiede nie. Ook nie geskik vir kalkryke gronde nie. Sinkronisasie probleme tussen vroeё boen laat onderstam sowel as kombinasies van ander stressituasies (kortstondige watertafel en sandgrond) kan aanleiding gee tot swaminfeksies (veral Leucostoma). Die onderstam is tolerant teen ringaalwurm. Rypwording word vertraag. Uitstekende vruggrootte word verkry. Vir die regte omstandighede is SAPO 778 uitstekend. VIKING WORTELS WAT DEUR RINGAALWURM BESMET IS IN SANDGRONDE Garnem (P. persica x P. dulcis) Garfi amandel x Nemared perske Plant makliker voort van steggies as GF 677 en het rooi blare wat uitkenning vergemaklik. Baie goeie gasheer vir ringaalwurm maar hanteer ringaalwurm in terme van produksie en vruggrootte. Goeie vruggrootte. Die onderstam is die sterkste groeier (20% en meer sterker as GF 677) en op goeie gronde sal meer somersnoei nodig wees. Soos GF 677 is die onderstam gevoelig vir nat toestand en oorbesproeiing (perske x amandel kruising) en onder sulke toestande ook onderhewig aan swaminfeksies. Die onderstam is weerstandbiedend teen knopwortel aalwurm. Cadaman (P. persica P. davidiana). Ook bekend as Avimag. Die onderstam is ˈn sterk groeier (ongeveer 12 plus % sterker as GF 677) en somersnoei moet aandag kry veral in beter gronde. Die onderstam plant maklik voort vanaf steggies. Goeie vruggrootte word verkry. Die onderstam is verdraagsaam teen kalk geïnduseerde yster klorose en weerstandbiedend teen knopwortel aalwurm maar ˈn goeie gasheer vir ringaalwurm. Dit kom egter voor of dit ringaalwurm in die boord kan hanteer. Guardian (P. persica x P. persica) Nemaguard in voorgeslag Volgens oorsese inligting bied die onderstam weerstand teen bakteriese siektes en oorleef perskekortleeftyd-sindroom beter as ander perske onderstamme. Die onderstam is weerstandbiedend teen knopwortel aalwurm en ˈn gasheer vir ringaalwurm. Groeikrag effe meer as Atlas maar heelwat minder as Garnem. Presteer beter op hoё potensiaal gronde (meer as 20% slik en klei) as Kakamassaailing. Min inligting huidiglik beskikbaar vir sandgronde en uitwerking op vruggrootte. Opsomming Onderstamme van perske amandel kruisings is baie gevoelig vir kroongal, wortelsiektes, nat, bakteriese kanker en swaminfeksies. Oorbesproeiing is ˈn groot probleem by jong boompies na plant. Perske boompies vanaf die kwekery moet goeie, gesonde, effektiewe wortels hê eerder as uitermate sterk boaardse groei. GF 677, Cadaman, Garnem, Atlas en Viking is baie geskik vir kalkryke gronde. Kakamassaailing presteer betekenisvol swakker op sandgronde as Flordaguard en Atlas. Daar is uitstekende onderstamme beskikbaar om goeie kultivars te komplimenteer as genoegsame effektiewe fynwortels teenwoordig is. 11 van 24

SPRAY AND HARVEST NEW ZERO DAY WITHHOLDING PERIOD FOR GF-120 Ripe fruit on harvest day is possibly the most attractive breeding ground for fruit flies, says FruitFly Africa s manager, Nando Baard. Therefore, the amendment for the use of GF- 120 to a zero-day withholding period is a great improvement in controlling the pest. It came to our attention that there was a one day withholding period for Spinosad (the active chemical compound in GF-120) as set out on the label. That meant that after application there was a 24-hour waiting period before harvesting could start. This would greatly hinder effective area-wide fruit fly control, as ripe fruit is the ideal breeding ground for fruit flies. FruitFly Africa, along with other industry bodies, requested that Dow AgroSciences apply for a zero-day withholding period on this product. This resulted in a two-year joint effort by FruitFly Africa and Dow AgroSciences where multiple fruit samples were collected for residue analysis from several areas and provinces. The label for GF-120 has now been amended to a zero-day withholding period. Technically this means that GF-120 can be applied on the same day as harvesting, says Baard. According to Baard not covering orchards until harvest day could lead to hotspots where fruit fly populations could grow and migrate to other orchards later the season. If the one day withholding period stayed as it was, these orchards could not necessarily have been baited on the day of area-wide application. 12 van 24

For the better part of a decade, South Africa has been using area-wide integrated pest management (AWIPM) programs to suppress fruit fly populations in various fruit producing areas. With the support of the National Department of Agriculture, Forestry & Fisheries (DAFF), FruitFly Africa (FFA) has been able to implement these strategies with relative success through the following practices: Monitoring; Production and release of sterile males; Hotspot management (including host plants and home gardens) Ground baiting, including attract and kill M3 traps Monitoring and treatment of towns Communication and Education programme Coordinated aerial baiting, including strategic bait applications Orchard Sanitation For the success of this programme, an area-wide strategy is imperative. GF-120 is at present the only fruit fly bait that is registered for aerial application in South Africa and is applied over orchards in all regions where area-wide control measures are in place. Aerial application is also the only means of ensuring adequate coverage and chemical control within an area. Aerial application of GF-120 is thus an integral part of successful AWIPM programs in the deciduous fruit industry. ESTE BEERWINKEL, NEWS ROOM INDUSTRY NEWS 13 van 24

Vrugdeursnit (mm) DIE GEBRUIK VAN VRUGGROEIKURWES VIR INMAAKPERSKES AS HULPMIDDEL OM FINALE VRUGGROOTTE BY OES OP N VROEË STADIUM TE VOORSPEL. Saamgestel deur Mnr Gustav Lötze en Dr Elmi Lötze, beide verbonde aan Universiteit Stellenbosch en Mnr Louis Kotze van Ashton. Die navorsing is geborg deur IPV. By inmaakperskes bepaal vruggrootte hoofsaaklik die onderskeid tussen inmaakgraad 1 en 2 gradering. Aangesien daar n hoër premie vir inmaakgraad 1 vrugte uitbetaal word, is dit belangrik om die maksimum aantal inmaakgraad 1 vrugte te produseer vir n optimale inkomste. Die berekening en toepassing van die korrekte vruglading tydens vruguitdunning hetsy vir vars, inmaak of droog, is noodsaaklik om n gereëlde drag te verseker en die gewenste eind vruggrootte te behaal. Die korrekte vruglading vir die beste inkomste hang egter saam met die plantwydte, onderstam / kultivar kombinasie, vruggrootte-verspreiding en boom ouderdom en moet per boord verfyn en aangepas word. Die nuwe inmaakperske kultivars wat sedert 1995 vrygestel is, verskil van die Kakamas tipes t.o.v. groeiwyse, dravermoë en vruggrootte en die verskil het die bepaling van nuwe uitdun riglyne geïnisieer. In die Krat artikels van 2004, 2007, 2008, 2009 en 2014 het die skrywer die doelwit produksie metode bespreek en riglyne verskaf t.o.v. vruglading vir Kakamas teenoor Sandvliet, Keisie, Western Sun, Fantasy, Cascade, Supreme, Autumn Crunch, Golden Pride en Fiesta Gold. Vir bogenoemde studie is die beste vruglading bepaal volgens die optimale vruggrootteverspreiding vir die doelwit produksie uitdun metode. Weeklikse vrugmetings is vanaf handuitdun datum tot en met oestyd gemeet om n vruggroeikurwe te verkry. Vir perskes noem ons dit n dubbelle sigmoidale kurwe, weens die natuurlike afplatting van stadiger vrug toename in die middelste gedeelte van die vruggroei periode (69 118 dae na volblom), soos aangedui in figuur 1. 80 70 60 50 40 30 20 10 0 41 48 55 62 69 76 83 90 97 104 111 118 125 132 139 146 153 Figuur 1: Standaard vruggroeikurwe vir n inmaakperske. 14 van 24

Volgens literatuur is die effek van oorproduksie in 'n standaard vruggroeikurwe reeds op ongeveer 80 dae na volblom (dnvb) op appels sigbaar en reflekteer dit as n afplatting van die standaard helling. Die daling veroorsaak dat die verwagte eind vruggrootte nie realiseer nie en die gemiddelde vruggootte sal dus in so 'n geval kleiner wees as die voorspelde vruggrootte. In figuur 2, waar die vruggroeikurwe van drie verskillende vrugladings vanaf uitdun datum tot oestyd weekliks geplot is, is dit duidelik dat, by inmaakperskes, die effek van vruglading/produksie op vrugrrootte reeds op n vroeë stadium waargeneem kan word. Dit moet egter beklemtoon word dat daar heelwat faktore is bo en behalwe vruglading, wat die vruggroeikurwe en vruggrootte kan beïnvloed soos klimaat, tyd van uitdun, besproeiing, bemesting, peste en plae. Figuur 2: Die effek van verskillende vrugladings op die vruggroeikurwe vanaf handuitdun datum tot oestyd vir Western Sun inmaakperske. Die doelwit van vruggroeikurwes vir inmaakperskes is om reeds op n vroeë stadium te voorspel of die eind vruggrootte haalbaar is of nie. Die volgende is dan moontlik: 1. Regstelling van vruglading indien te lig uitgedun is deur ondermaat vrugte volgens die vruggroeikurwe te verwyder. Dit moet verkieslik voor 80 dae na volblom afgehandel wees om n positiewe effek op oorblywende vrugte te verseker. Die akkurate bepaling van die ondermaat vruggrootte is afhanklik van die beskikbaarheid van vruggroeikurwe mates van n wye reeks jong vruggies, per kultivar, met 1 mm inkremente op die eerste meet datum. Dit moet saamgestel wees uit n boord met optimale drag met n ideale vruggroeikurwe. Die groei van die spesfieke vruggie moet dan gevolg word tot by oestyd. n Tipiese voorbeeld word getoon in Tabel 1 en is op die stadium slegs vir Cascade beskikbaar. 15 van 24

Vrug deursnit (mm) Tabel 1: Weeklikse vruggroei vir Cascade gerangskik oor n reeks van klein tot groot vruggies vanaf uitdun datum tot oestyd. DNVB 41 48 55 62 69 76 83 90 97 104 111 118 125 132 139 146 153 19.0 23.0 29.0 34.0 36.0 37.0 38.0 39.0 40.5 42.0 43.0 44.0 47.0 49.0 52.0 58.0 60.0 20.0 24.5 30.8 35.3 37.5 38.3 39.4 40.5 41.9 43.3 44.1 45.0 48.3 51.5 55.0 59.5 62.5 21.0 26.0 32.5 36.5 39.0 39.5 40.8 42.0 43.3 44.5 45.3 46.0 49.5 54.0 58.0 61.0 65.0 22.0 26.8 33.4 37.1 39.8 40.1 41.4 42.8 43.9 45.1 45.8 46.5 50.1 55.3 59.5 61.8 66.3 23.0 27.9 33.7 37.1 38.9 39.6 40.7 41.9 43.2 44.6 45.4 46.3 49.6 55.1 59.3 63.4 67.1 24.0 29.0 34.0 37.0 38.0 39.0 40.0 41.0 42.5 44.0 45.0 46.0 49.0 55.0 59.0 65.0 68.0 25.0 29.6 34.2 37.0 37.6 38.7 39.6 40.6 42.1 43.7 44.8 45.9 48.7 54.9 58.9 65.8 68.4 26.0 30.8 35.1 38.0 38.8 40.4 41.3 42.3 44.1 45.9 47.1 48.4 51.9 57.5 61.4 66.9 69.7 27.0 32.0 36.0 39.0 40.0 42.0 43.0 44.0 46.0 48.0 49.5 51.0 55.0 60.0 64.0 68.0 71.0 28.0 32.8 36.8 39.0 40.5 42.3 43.1 44.0 46.0 48.0 49.5 51.0 55.0 60.3 64.5 68.5 71.5 29.0 33.5 37.5 39.0 41.0 42.5 43.3 44.0 46.0 48.0 49.5 51.0 55.0 60.5 65.0 69.0 72.0 30.0 34.3 38.3 39.0 41.5 42.8 43.4 44.0 46.0 48.0 49.5 51.0 55.0 60.8 65.5 69.5 72.5 31.0 35.0 39.0 39.5 42.0 43.0 43.5 44.0 46.0 48.0 49.5 51.0 55.0 61.0 66.0 70.0 73.0 2. Aanpassing van produksiesyfers vir die inmaakperskebedyf. Dit kan die inmaakfabriek in staat stel om beter te beplan deur tydig voldoende hulpbronne te bekom vir die inmaakproses. Die enkel vruggroeikurwe, per kultivar, soos in tabel 2 opgesom sal hier van toepassing wees waar die eind vruggrootte met behulp van die vruggroeikurwe bereken word op ʼn boord basis. Tabel 2: Vruggroeikurwes vir gemiddelde vruggrootte van vier inmaakperske kultivars is in die Ashton area weekliks gemeet vanaf uitdun datum tot oestyd. Dae na volblom Kultivar (DNVB) Supreme GoldenPride Cascade Autumn Crunch Vrugdeursnit (mm) 49 30.5 28.8 28.4 56 31.9 31.8 33.0 63 36.5 32.6 33.9 33.9 70 36.6 33.8 34.1 33.4 77 37.0 34.5 34.7 34.0 84 38.7 35.9 36.2 35.1 91 39.8 37.0 37.6 37.2 98 40.7 38.3 38.8 38.6 105 41.8 39.8 40.1 40.9 112 43.9 42.5 42.0 42.0 119 46.0 45.3 44.8 44.2 126 48.4 48.4 48.4 45.7 133 50.8 51.0 52.7 48.3 140 54.3 54.7 57.3 51.7 147 58.4 57.6 61.4 55.3 154 62.4 61.2 65.7 58.4 161 66.8 62.2 68.1 61.2 168 69.4 63.6 175 71.1 65.3 16 van 24

Die prosedeure vir meet van vrugte en gebruik van vruggroeikurwe is as volg: 1. Dokumenteer die volblom datum per boord dit is wanneer 100% blomme oop is en met die aanvang van blomblaarval gepaard gaan. 2. Bereken die gemiddelde vruggrootte per boord deur die meet van 100 vrugte met n skuifpasser (calliper) aan die boom (meet die deursnit oor die naat van vrug soos in foto 1 en 2 illustreer). 3. Vergelyk die antwoord met die vruggroeikurwe soos in Tabel 2 opgesom vir die gegewe kultivar en stadium na volblom. 4. Hou in gedagte dat vruggroeikurwes verskil tussen kultivars weens genetiese samestelling en daarom moet elke kultivar 'n afsonderlike kurwe hê. 5. Vruggroeikurwes as hulpmiddel om ondermaat vrugte te verwyder is slegs moontlik waar 6. n wye reeks vruggies vanaf handuitdun datum gemeet is soos in tabel 1 vir Cascade opgesom is. 7. Hou in gedagte dat klimaat beïnvloed die oesdatum en finale vruggrootte, byvoorbeeld laat reën lei tot vervroegde oes met gevolglike korter groeiperiode met kleiner eind vruggroottes. Enige navrae of opmerkings is welkom. Kontak gerus vir Mnr Gustav Lötze by gfal@sun.ac.za / 083 627 1710. 17 van 24

DIE BELANG VAN SERTIFISERING VAN PLANTMATERIAAL IN DIE SAGTEVRUGTEBEDRYF Die Departement van Landbou het in 1954 die fisiese en genetiese status van plantmateriaal geïdentifiseer as die belangrikste faktore om by te dra tot die verhoging van landbouproduksie in Suid-Afrika. In 1964 is die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsvereniging op die been gebring om spesifiek aandag te gee aan hierdie aspekte van plantmateriaal vir die wingerd- en sagtevrugtebedrywe. Die meeste van die huidige variëteite wat in die inmaakbedryf gebruik word is reeds in die vroeë 1970 s gesellekteer en deur die destydse Departement van Landbou se kwaranteinfasiliteit in Stellenbosch getoets om virusvrye klone te identifiseer. Die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsorganisasie (SAPO) is in 1974 deur die Sagtevrugte-, Inmaakvrugteen Droëvrugte Rade gestig met die doel om verbeterde plantmateriaal aan die industrie te voorsien. Die Sagtevrugtebedryf het vinnig uitgebrei en daar is ook twee onafhanklike Plantverbeteringsorganisasies geregistreer - TopFruit in 1983 en Stargrow in 1992. Intussen het die Departement van Landbou in 1988 besluit dat hulle nie meer alleen verantwoordelikheid vir die bestuur van plantverbetering kon neem nie. Na aanleiding hiervan is die Plantsertifiseringskema vir Wyndruiwe in 1990, en die Sagtevrugte Plantsertifiseringskema in 1993 onder die Plantverbeteringswet, 1976 (Wet nr. 53 van 1976) afgekondig om die bevoegdhede, die verrigting van werksaamhede en die uitvoering van die pligte wat kragtens die Skemas aan die Uitvoerende Rade as gesag verleen, toegewys of opgedra is, uit te oefen. Die Skemas is nie verpligtend nie en deelname deur enige organisasie wat plantmateriaal teel, invoer of vermeerder, enige kweker of enige produsenteliggaam is geheel en al vrywillig. Die groter meerderheid van teelprogramme word wel deur die geregistreerde Plantverbeteringsorganisasies bestuur en die meeste boomkwekers is lede van die Sagtevrugte Plantsertifiseringskema. Ongeveer 40% van bome wat deur deelnemende kwekers gekweek en verklaar word is egter ongesertifiseerd. Daarbenewens word daar ook bome gekweek wat geensins aan die Skema verklaar word nie en waarvan die boomgetalle nie aan Plant SA bekend is nie. Die Inspeksiedienste van Departement Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) is ten volle verantwoordelik vir alle materiaal wat nie binne die Skemas gesertifiseer is nie. Die DLBV Inspekteurs moet alle ongesertifiseerde bome inspekteer om seker te maak dat daar wel aan die minimum fisiese- en fitosanitêre standaarde van die Wet voldoen word. Hulle is ook verantwoordelik daarvoor om seker te maak dat die bome tipe-eg is. Die DLBV Inspekteurs is die enigste wat amptelik verkope van bome wat nie aan die standaarde voldoen nie kan verbied. Daar is egter die afgelope paar jaar onvoldoende fondse beskikbaar om al die nodige inspeksies uit te voer. Die gevolglike risiko is dat bome nie afgekeur word of vir verkope verbied word nie, onafhanklik van die toestand daarvan. Hoewel die meeste bome wat deur die inmaakbedryf aangeplant word wel van gesertifiseerde bronne afkomstig is, is daar n gedeelte van nuwe aanplantings (aanname gebasseer op die boomsensus statistieke van 2016) wat nie gesertifiseerde bome is nie. Eksterne faktore soos die verandering in klimaat, die afname in gebruik van plaagbeheermiddels en die risiko van materiaal (onderstamme sowel as bostamme) uit onbetroubare bronne wat nie vir enige virusse getoets is nie, maak die gebruik van ongesertifiseerde materiaal meer riskant. Hierdie risiko kan tot gevolg hê dat bestaande bome ook geaffekteer kan word aangesien baie van die virussiektes wat n potensiële bedreiging vir veral steenvrugte inhou deur stuifmeel 18 van 24

oordrag kan versprei, terwyl ander deur insekte of meganies oorgedra kan word van een boord na n volgende. Om die risiko te beklemtoon kan die Plum Pox virus as voorbeeld dien. In Spanje het die virus daartoe gelei dat daar tussen 1989 en 2006, 2.3 miljoen steenvrugbome verwyder is met n koste implikasie van 63 miljoen Euro. Die virus is die eerste keer in 1999 in die VSA waargeneem en sedert 2001 is daar reeds 30 miljoen Euro spandeer aan pogings om die virus te elimineer. Om die verspreiding van die virus te stop is daar teen 2006 in Kanada 190 000 bome en in die VSA 264 000 uitgehaal, die direkte koste implikasie hiervan vir die perskebedryf was 4.8 miljoen Euro. (Cambra et al. 2006). Hierdie virus het die VSA binnegekom in onwettige voortplantingsmateriaal wat daarna vermeerder is buite hulle sertifiseringstelsel. Teen die tyd dat die eerste simptome identifiseer is het die virus reeds versprei na gesertifiseerde bome in bestaande boorde. Hierdie virus versprei oor kort afstande met plantluise, maar die grootste risiko is die verspreiding as gevolg van die gebruik van besmette materiaal vir vermeerdering. Hoewel die Plum Pox virus nog nie in Suid-Afrika voorkom nie, maak die Skema voorsiening vir die toets van plant materiaal vir bestaande virusse wat ook n betekenisvolle impak op bome en produksie kan hê. Verder word gesertifiseerde materiaal ook deeglik geïnspekteer vir insekte wat as moontlike faktore van siektes kan optree. Die onderstammateriaal wat binne die Skema uitgegee word moet ook te alle tye skoon toets vir alle skemavirusse en vry wees van enige siekte simptome. GESERTIFISEERDE BOME MET BLOU ETIKETTE BOME MET KANDIDAATSTATUS Steenvrug grondves- en moederblokke word jaarliks getoets vir die teenwoordigheid van skemavirusse en kernvrugte op n vyfjaarlikse basis, die rede hiervoor is dat die steenvrugvirusse meestal stuifmeeloordraagbaar is terwyl die virusse wat kernvrugte affekteer nie deur stuifmeel of insekte oorgedra word nie. Hoewel daar geen waarborg is dat alle bome wat gesertifiseerd is 100% vry sal wees van enige risiko nie, is die voordele wat sertifisering inhou voor die hand liggend. Wanneer daar verder in ag geneem word dat gesertifiseerde bome nie duurder is as ongesertifiseerde bome nie, moet mens vra waarom alle produsente nie aandring op bome met blou kaartjies nie? Erkenning Cambra, M., N. Capote, A. Myrta, and G. Llácer. 2006. Plum Pox Virus and the Estimated Costs Associated with Sharka Disease. OEPP/EPPO. OEPP/EPPO Bulletin. Volume 36. 4 Pages: 202-204. 19 van 24 RACHEL KRIEL, PLANT SA

KRAG VAN LIEFDE LEI TOT WARE VREDE Met die oopsluit van Lenatjie, die Rust familie se bewaarde juweel strandhuis, spoel die herinneringe van die geliefde vermoorde vrou van die huis, in `n golf uit. Mooi herinneringe wat anker. Wetend wat dié tragedie aan `n familie doen en die inenting van so `n geweldsmisdaad in die psige, kan die vlaag van moorde en geweldsmisdaad niemand in die land onaangeraak laat nie. Suid- Afrikaners is vuisvoos. Daar is min families wat nie geraak word deur die trauma van rooftogte, kapings, aanrandings en moorde nie. Bykans elke buurt, die mynbedryf, die landbou, die taxibedryf en waar georganiseerde misdaad doenig is, is daar daaglikse voorvalle van moorde. South Africans at war with themselves. Hoekom hier? Twee dae voor tannie Winnie se dood ontmoet ek die jong beskuldigde. Ek kyk die jong man in sy oë en kry die hoopvolle boodskap dat sy in proses is om vir hom aansoek te doen vir `n pos in die polisie. Wat dryf `n mens om koelbloedig op te tree en jou hand aan `n ander se lewe te slaan? PRE-FRONTALE KORTEKS In `n vorige artikel is die pre-frontale korteks en die impak op menslike gedrag bespreek. Nie dat ek my kan uitlaat as kundige nie, maar soos John Steinbeck eens gesê het: But I am assailed with my own ignorance and inability. I ll just have to work from a background of these. Tog verdien die gewelddadige gedrag van Suid-Afrikaners nadere ondersoek en navorsing. Die pre-frontale korteks van die brein neem plus minus 24 jaar om tot wasdom te kom. Daar is `n bepaalde omgewing van uitnemende versorging en `n eksterne dissiplinêre raamwerk van reëls nodig tot en met die jong volwasse stadium. Indien die ontwikkeling van die gedeelte van die brein nie in `n omgewing van orde plaasvind nie, is die persoon nie instaat tot aksie en gevolg besluite nie en beplanning en goeie besluitneming word negatief beïnvloed. 20 van 24

In Suid-Afrika is daar `n enorme afwesigheid van dissipline en orde in skole, gemeenskappe, die staatsdiens sektor en gesinne. Die impak is dat daar generasies van mense is wat funksioneer in die afwesigheid van `n werkende pre-frontale korteks. Die tweede ontdekking, buiten die pre-frontale korteks, is die invloed van die parasiet Toxoplasmate gondii op menslike gedrag. Met die lees van Gut deur Giulia Enders, `n jong mediese dokter, beskryf sy hoe enorme impak die parasiet het. Die parasiet wat vanaf katte se ekskresie na mense oorgedra word, beïnvloed een derde van die wêreld populasie. Die ensiem IDO wat ons beskerm teen parasiete, breek in die proses `n ensiem af, wat die menslike liggaam benodig in die vervaardiging van serotien. Serotien tekorte het depressie en angs tot gevolg. Wanneer die parasiet vestig in die menslike liggaam word vrees weggeneem. Die onderwerp word steeds nagevors, maar navorsing in roekelose motorbestuurders wat betrokke was in ernstige motorongelukke het aangedui dat daar `n bepaalde verband is met dié motorbestuurder se gedrag en besmetting met die taxoplasmata gondii parasiet. As ons na ons motorbestuurders kyk en die gewetenlose moorde, wonder ek hoeveel van ons landsgenote is dalk gasheer vir die parasiet. Die derde faktor is die afwesigheid van moraliteit en etiek by Suid-Afrikaanse leiers. Op die Facebook landskap ontmoet ek vir Menzi Solomon Shange. Soos `n Helen Suzman van ouds `n ongemaklike stem van waarheid was vir wit nasionaliste, is Menzi, buite die politiek, `n stem van waarheid vir ongebreidelde swart nasionaliste. Die blinde trop mentaliteit rassisme teen swartmense, word gou geruil vir wit rassisme. In die naam van blaam word onetiese en immorele optrede regverdig. Menzi het opnuut `n bewustheid geskep dat politici hul onbekwaamheid verdoesel deur die raskaart te speel. Die huidige regerings leierskap het nie `n ingesteldheid om oplossings vir probleme te bedink nie, maar verdeel en heers is die uitgangspunt. Daar is nie `n plan om met alle Suid-Afrikaners die land se hulpbronne te optimaliseer tot ekonomiese groei en vooruitgang nie, maar eerder `n fokus hoe om die land se hulpbronne in die klein uitgesoekte elite se sakke te bewerkstellig. Die bou van `n SA van nasionale eenheid is vir die politici `n bedreiging en word die verlede ingespan om die toekoms in te perk. Soos Jimmy Hendrix opgemerk het jare terug: When the power of love overcomes the love of power, the world will know peace. Moraliteit en etiek word geoffer met die gevolg dat daar `n gees van immoraliteit en misdadigheid posgevat het tussen die burgery. Menzi se Blogs is hoogs aan te beveel en word die afwesigheid van moraliteit en etiek by leiers en die bepaling van `n land se diskoers deur leiers se gedrag onderstreep. 21 van 24

Die vierde faktor is subtiele politieke regverdiging vir misdaad as `n ruilmiddel vir politieke mag. Suid Afrika se grootste uitdagings is ongelykhede, diepe armoede, lae ekonomiese groei, hoë werkloosheid, hoë vlakke van swak geskooldheid, swak monetêre beleid, institusionele verval in die onderwysstelsel, polisiediens en staatsinstellings. Dit word verder afwaarts gedryf deur swak landsbestuur en politici wat deurentyd met hul gedrag en uitsprake `n klimaat skep van swak beleggingsvertroue en in stilswye nie Suid-Afrikaners se swak gedrag veroordeel nie. Soms word die indruk geskep dat die land se uitdagings groter is as die bekwaamheid van Suid Afrika se politieke leiers en in die vakuum slaan georganiseerde misdaad munt uit die onbekwaamheid en politieke binnegevegte. Dwelmhandel, handel in renosterhoring en onwettige sigarette asook transito rooftogte en die uitvoer van gesteelde voertuie, is `n punt van die ysberg van georganiseerde misdaad. Staatskaping is die witboordjie weergawe waar subtiele politiek regverdiging vir misdaad, `n ruilmiddel geword het vir politieke mag en staatskontrakte die ruilmiddel is vir privaat ondernemings. Die vier faktore dek die tafel vir misdadige gedrag. Die gedrag vind neerslag oor die ras, klas, geslag, privaat- of publieke grense en sektore plaas. Suid-Afrikaners behoort te fokus op `n langtermyn plan van groei, die werklike probleme in die oë te kyk in die skep van `n toekoms. Leiers behoort integriteit te openbaar en hoop te gee. Die media moet op die werklike kwessies fokus in plaas van net rapporteer ten opsigte van die ooglopende sensasie soek. Tans heers `n gees van skaarsheid, roekeloosheid en laat-ons-mekaar-bykom mentaliteit. Helaas is die onontwikkelende pre-frontale korteks, toxoplasmate gonii, swak moraliteit en etos van leiers en die politieke regverdiging vir misdaad, olie op die vuur van misdadigde gedrag. Al vier kan in sekere opsigte verantwoordelik wees vir die onverstaanbare geweld teen mekaar. Suid-Afrikaners kort die Here in ons harte. Mag 2018 die jaar wees van nasionale dapper leiers wat verenig en bou. Mag ons ophou oorlog maak teen onsself. Die verdriet wat ingeënt word in die families en die toekomstige generasies se psiges, is `n te hoë prys om te betaal. Vrede op die Aarde en in alle mense `n welbehae, bly `n versugting in Kerstyd. DEIDRE EIGELAAR, ACHTERVLEI PIKETBERG 22 van 24

VERBRUIKERSSTUDIE OLIMPIADE LUCKY STAR OORHANDIG GIFT HAMPERS AAN DIE TOP 24 LEERDERS WAT GENOOI IS IN VERBRUIKERSTUDIES EN GASVRYHEIDSTUDIES. Wat n reuse voorreg om die Verbruikersstudieolimpiade 2017 by te woon. Ongeveer 260 skole het landswyd deelgeneem. Die top 24 vanuit 4019 matriekstudente word vereer met hul uitstekende punte in die Verbruikersstudieolimpiade. Dit was n dag waar studente en onderwyseresse geëer is, en met goeie reg. Die werk wat ingesit word sodat hierdie vakke wat so broodnodig is vir Suid-Afrika, is van die hoogste gehalte. Dit word weerspieël in die uitstekende borge wat die dag ondersteun. Voedsel sal altyd werk skep in ons land en dit is wat Suid-Afrika nodig het. Wat opvallend was is dat al die sprekers, deur die bank, van kwaliteit gepraat het. Suid-Afrika kan net wêreldwyd kompeteer wanneer ons produk van die beste kwaliteit is. Wanneer daar na excellence gestreef word. Ina Paarman, die huisnaam vir speserye in Suid-Afrika het ook daarop gewys. Haar sukses is grootliks te meet aan die goeie kwaliteit produk wat sy vir die verbruiker gee. Wat dit nog meer spesiaal maak is dat sy haar Ma se woorde gevolg het wat ookal jy eendag doen, skep werk vir ander en vandag is Ina Paarman verantwoordelik vir 220 mense se toekoms. Die studente was verslae oor die pryse wat hulle ontvang het. Vir my persoonlik, was dit n riem onder die hart om te sien Hard Work gets Rewarded. Mev L Kgogome, die onderwyseres van HF Tlou het breë bors geloop toe 3 van haar 8 leerlinge met 3 pryse wegstap en n Defy stoof vir hul skool kon huis toe neem. Hierdie studente het nie net vir hulself goed ontvang nie, maar ook vir hul skool, wat weer n effek het op al die studente wat na hulle gaan volg. Mnr Fritz Botes van Pick n Pay oorhandig die wenners pryse. 23 van 24

In my vinnige berekeninge het die wenner meer as R50 000 se geskenke ontvang het wat wissel van n beurs van R20 000 tot kontant pryse. Die impak wat dit op haar gemaak het en hoe dit weer op ander gaan maak, laat my net besef ons bly in n wonderlike land, met wonderlike geleenthede. Die totale waarde van die pryse van die dag het oor die R350 000 beloop. Ek wil net graag byvoeg dat elkeen van die 24 studente baie goeie pryse ontvang het almal het daar weggestap as n wenner. Persoonlik wil ek graag vir die IPV bedank vir die geleentheid wat vir my gegee is om te sien waar ons borgskap gaan en die impak wat dit op ons jongmense van vandag gemaak het. Ons moet en sal altyd betrokke bly waar ons n inspraak het op die jeug van vandag om n beter toekoms vir Suid-Afrika te skep. Die IPV is trots om deel te wees van hierdie prestige Olimpiade. KERSFEES SEËNINGE C GELDENHUYS VAN FERRUM HIGH SCHOOL (OVERALL WINNER OF THE CONSUMER STUDIES OLYMPIAD) SAAM MET INA PAARMAN CATHERIEN TREDOUX DIE VOORSITTER, BESTUURSLEDE & PERSONEEL VAN DIE INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING WENS U N VREUGDEVOLLE FEESTYD & N VOORSPOEDIGE 2018! 24 van 24