Protokol : INVOER. Perde : Permanent & Tydelik. vol1.4 ( 2013 )

Similar documents
RULES/REËLS , FAUNASIG 9325, / ,

The Influence ofdietary Protein Levels on Growth Curve Parameters of Quail

SOUTH AFRICAN NATIONAL CAGE BIRD ASSOCIATION

Vol 28 / No 1 / 2018

FEEDBACK ON CONGRESS MATTERS OF THE RMAA - MAY 2014

Agter die kap van die byl

Overseas Market Access Requirements Notification - Animal Products Act 1999

IMPORT HEALTH STANDARD FOR EQUINE SEMEN FROM THE EUROPEAN UNION

God s gift to Cattlemen

BAMBINO KLEUTERSKOOL

VICTOR GEL. Reg no. L8594 Act/Wet 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 4A IRAC INSEKDODERGROEPKODE ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL

IMPORT HEALTH STANDARD FOR THE IMPORTATION INTO NEW ZEALAND OF HORSE SEMEN FROM THE UNITED STATES OF AMERICA

PRONDIVAX Multi C8 + B Reg. No. G4207 Act/Wet 36/1947

The Blom brothers, Robert and

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

Western Cape Government. Agriculture. Canola

NUUSFLITS \ NEWSFLASH

For the love and care of Fancy Pigeons / Vir die liefde en versorging van Sierduiwe

日本から大韓民国向けに輸出される馬の家畜衛生条件

Core vs non-core vaccines Legitimate immunisation records Importance of vaccination Vaccine administration Immunisation programme

SUPER SUMMER SALE. Saturday 15 November 12:00

OCCURRENCE OF HELNIINTH INFECTIONS IN DOGS IN FIVE RESOURCE-LIMITED COMMUNITIES IN SOUTH AFRICA

PROOF. Services by the South African Milch Goat breeders society. Dienste gelewer deur Suid Afrikaanse Melkboktelers vereniging

FOR ANIMAL USE ONLY BRAVECTO

November (Previous disease reports can be seen on the RuVASA website ) These reports include data from individual practices

FOR ANIMAL USE ONLY BRAVECTO

TULI joernaal 2014 journal

BFN GSD CLUB NEWS LETTER/NUUSBRIEF

ACKNOWLEDGEMENTS. dedicated to

COMMON VETERINARY (VETERINARY AND HEALTH) REQUIREMENTS IN RELATION TO GOODS SUBJECT TO VETERINARY CONTROL (INSPECTION)

GEZONDHEIDSCERTIFICAAT (veterinair certificaat) certificaatnummer:

National Import Export Services Overview

n Algemene resep wat gebruik kan word vir die A general recipe for raising hand-reared lambs: grootmaak van hanslammers is:

KALF- GESONDHEID. Rotavirus Coronavirus E.coli. Waterig met slym, en groot volumes. Nie so depressief as met Rotavirus nie, drink nog melk.

SA STAMBOEK SA STUD BOOK

Veekundige Beraad. 17 Julie 2014 Vrede

OIE standards relevant to international horse movement

REGULATIONS. SECTION R The REGISTER and REGISTRATIONS

Introduction Egypt Equine census Regionalization Active surveillance plan Quarantine Measures

116, Graaff-Reinet, 6280

SHELLEY POINT NEWS. June A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point

Quarantine System and Regulations on Horse Quarantine in Rep. of Korea

Raad en personeel 2. Van die Vise-President 4. Die regte stoetbul van die begin af. The correct stud bull from the start 8

REGULATIONS. SECTION R The REGISTER and REGISTRATIONS

ZOOSANITARY INSPECTORATE: EXPORT AND IMPORT PROTOCOLS

Animals and Animal-Products Movement Control

SECTION 7 REGISTRATION. 7.1 Registration. 7.2 Kennel Prefix. 7.3 Naming of Dogs. 7.4 Registration of Progeny. 7.5 Limited Register Regulations

DEPARTEMENTVANLANDBOU. DEPARTMENT OF AGRICUL TURE No. R March 1992

» Young Veterinarian of the Year Award

Saturday & Sunday, 21 & 22 July 2018

DIE OMVANG EN PRAKTIESE UITVOERBAARHEID VAN ONDERSTEUNDE INKLUSIEWE ONDERWYS IN PUBLIEKE LAERSKOLE IN GAUTENG. deur. Emmarentia Frederika Rheeders

KLOSTRIDIALE SIEKTES:

NASIONALE DIERETUIN VAN SA PRETORIA NATIONAL ZOOLOGICAL GARDENS OF SA

2.1 The importer must obtain a permit to import prior to proceeding with importation (See PART B: IMPORTATION PROCEDURE).

Nasionale Jeugskou/ National Youth Show. Wolskaap / Wool sheep

I.3. Central competent authority. Local competent authority I.6. I.12. I.16. Entry BIP in EU. I.17. No(s) of CITES. I.22. Number of packages

MOLKENTIN-STUD. We are selling breeding stock all year. round in all price-ranges depending on quality.

Overseas Market Access Requirements Notification - Animal Products Act 1999

BREEDING & REGISTRATION RULES (January 2011)

Central competent authority. Local competent authority. I.16. Entry BIP in EU. I.17. No.(s) of CITES

Republic of Namibia MINISTRY OF AGRICULTURE, WATER AND FORESTRY. Veterinary Export Permit of Rodents to Japan

The BCSBANZ Registered Breeds Handbook

Mr Charles Spijker FIFe, The Netherlands

Official Journal of the European Union DECISIONS

Improving production with the help of

Third Quarter 2016 The

Contents. Inhoud. Advertisements. Advertensies

Insecticide A contact suspension concentrate acaricide for the control of various mite pests on citrus.

Vrae: Wie van julle het hierdie nuwe fliek gesien: Dinossaur? Wie van julle glo dat daar regtig dinossaurusse was? Miljoene en miljoene jare terug.

The BCSBANZ Registered Breeds Handbook

IMPORT HEALTH STANDARD FOR THE IMPORTATION OF DOMESTIC RABBITS INTO NEW ZEALAND FROM AUSTRALIA

D o g s A C T - P r o m o t i n g R e s p o n s i b l e D o g O w n e r s h i p

HOE HOW registreer ek my bokke by SA Stamboek do I register my goats at SA Studbook

INDEX. Regulations. Section 1 Membership Page 2. Section 2 Ownership Page 2

IMPORT HEALTH STANDARD FOR THE IMPORTATION OF MALAYAN SUN BEARS Helarctos malayanus FROM AUSTRALIA INTO NEW ZEALAND

"Veterinere Volksgesondheid - Vakgebied of Beroepstaak1" Universiteit van Pretoria

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 21 DECEMBER 2009 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not r

SACC REGISTRATION RULES

ANIMAL QUARANTINE PROGRAM

Malaysia Food and Agricultural Import Regulations and Standards - Certification FAIRS Export Certificate Report

OIE policies and approaches to equine health and movement Dr Monique Eloit

WELCOME TO / WELKOM BY WOODVIEW ANGUS VALUE FOR MONEY FEMALE SALE! On behalf of / Namens THE ANGUS FAMILY

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates June/Junie 2014

BRANGUS Joernaal 2011 Journal

ANIMAL HEALTH REQUIREMENTS FOR EXHIBITION

LUGWEG- INFEKSIES IN BEESTE: n Paar vrae beantwoord

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

An analysis of the Pseudocordylus melanotus complex. (Sauria: Cordylidae)

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates January/Januarie 2014

DIE ROL VAN SOSIALE ONDERSTEUNING IN DIE LEWENSTEVREDENHEID VAN MIV-GEAFFEKTEERDE ADOLESSENTE ALBERTUS J MALGAS

GCCF DISCIPLINARY PROCEDURES FIXED PENALITES

Overseas Market Access Requirements Notification - Animal Products Act 1999

Federal law number (6) of the year 1979 Concerning Veterinary Quarantine

ABN ANGUS AUSTRALIA LOGO 1. INTRODUCTION 4. PREFIX, TATTOO AND BRAND 2. MEMBERSHIP 5. HERD INVENTORY

Visit our website:

VETERINARY CERTIFICATE FOR IMPORT OF GOATS INTO INDIA

Registering a Border Collie With the Canadian Kennel Club

June/July Enjoy the reading, and please inform us if there is a specific topic you need covered. Regards

The Scottish Government SHEEP AND GOAT IDENTIFICATION AND TRACEABILITY GUIDANCE FOR KEEPERS IN SCOTLAND

Import Health Standard

Transcription:

Protokol : INVOER Perde : Permanent & Tydelik vol1.4 ( 2013 ) Inhoud : a) Definisies b) Vereistes b.1) Algemeen b.2) Permanente invoere : Registrasie vereistes b.3) Tydelike invoere vir Sport of skou b.4) Veterinêre gesondheidsvereistes c) Prosedures d) Kontak Besonderhede e) Vorms e.1) Uitvoerpermit, Suid Afrika i) permanent ii) tydelik vir sport of skou e.2) Veterinêre Invoerpermit (Namibia) e.3) Veeverbeterings permit (Namibia) e.4) Veterinêre invoerpermit (SA) vir perde ingevoer via SA met kwarantyn e.5) Veeverbeterings permit (SA) vir perde ingevoer via SA met kwarantyn e.6) Voorbeeld van gesondheidsertifikaat (vir permanente invoer vanaf Suid Afrika) e.7) Voorbeeld van gesondheidsertifikaat (vir tydelike invoer vanaf Suid Afrika) e.8) Voorbeeld van gesondheidsertifikaat (vir invoer vanaf ander lande) Bylae A : Uittreksel Konstitusie van die Arabier Perd Telers Genootskap van Namibia Bylae B : Uittreksel Nasionale Veeverbeterings Wet Bylae C : Uittreksel Wet op Dieresiektes Bylae D : Uittreksel WAHO Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 1

A. Definisies : In hierdie dokument, tensy ʼn strydige betekenis gegee word : 1. Arabier perd sal verwys na ʼn opreg geteelde Arabier perd wat aangeteken is in enige opreg geteelde Arabier Perd Stoet Boek of register, gelys as aanvaarbaar deur WAHO. 2. Eienaar sal beteken die persoon : 2. 1 Op wie se naam die perd aangeteken is by Die Stoet Boek of 2.2 Wie bewys kon lewer tot bevrediging van die Raad dat die perd geskik is om aangeteken te word in sy naam, of 2.3 Wie, in die geval van n ingevoerde perd, bewys ingedien het, tot die satisfaksie van die Raad, dat hy geregtig is in ooreenstemming met die regulasies van die Stoet / Kudde Boek Vereeniging van die land van herkoms van die perd, so sodanig beskou kan word. 3. Genootskap sal beteken die Arabier Perd Telers Genootskap van Namibië. 4. Hings sal beteken n ongeskonde manlike perd wat beide testis sal vertoon en sluit in en sal insluit Arabier, Shagya Arabier, Anglo Arabier, deels-geteelde Arabier en deels-geteelde Shagya Arabier volwasse hingste asook hings vullens. 5. Konstitusie sal beteken die Konstitusie (insluitende reëls en regulasies) van die Genootskap. 6. Merrie sal beteken n merrie of merrie vul en sal insluit Arabier, Shagya Arabier, Anglo Arabier, deels-geteelde Arabier en deels-geteelde Shagya Arabier merries en merrie vullens. 7. Naam (van die perd) sal beteken die naam van die perd soos aangeteken by Stoet Boek. 8. Namibies Geteelde Perd sal beteken n perd gebore in, of tydens vervoer na, Namibië. 9. Perd sal beteken n Arabier, Shagya Arabier, Anglo Arabier, deels-geteelde Arabier en deelsgeteelde Shagya Arabier perd 10. Raad sal beteken die Raad van die genootskap. 11. Registrasie sal beteken dat die perd geskik is om aangeteken te word in die Stoet Boek van Namibië 12. Stoet Boek sal beteken die Stoet Boek van die Genootskap. Om geskik te wees om opgeneem te word in die Namibiese Arabier Stoet Boek moet n hings, merrie, reun of vul afkomstig wees deur alle lyne in sy of haar bloedlyn van perde reeds geregistreer in die Namibiese Arabier Stoet Boek of die Arabier Stoet Boek van Suid Afrika (SASB), of in die geval van n ingevoerde perd, diere gelys in aanvaarbare boeke soos gelys deur WAHO ten tye van registrasie. 13. Teler (van n perd) sal beteken die geregistreerde eienaar van sy moeder ten tye van sy geboorte. 14. Vereeniging sal beteken die Namibiese Stoettelers Vereeniging en Veeverbeterings Vereeniging. 15. Verwysings: - Verwysings in verband met die Konstitusie sal verwys na n Punt, bv Punt 2 lees Objectives. - Verwysings in verband met die Reels en Regulasies vir Registrasie sal na verwys word as Reëls bv Reël 2 lees Eligibility of Registration 16. Wet sal verwys na die Diereverbeteringswet 1977 (Wet No.25 van 1977) soos gewysig deur Wet 25 van 1993 en sluit in alle regulasies soos afgekondig in terme van die Wet. Die manlike sal die vroulike, enkel en meervoud insluit en vice versa. Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 2

B. Vereistes : b.1) Algemeen 1. Die aansoek vir die permanente invoer van opreg geteelde Arabier perde moet aan die raad van die Genootskap voorgelê word vir goedkeuring. Let wel : die persoon of maatskappy wat aansoek doen moet n lid van beide die Genootskap asook die NSV wees en moet persoonlik self aansoek doen vir goedkeuring by die Raad. 2. Vir die permanente of tydelike invoer van deelsgeteelde en ongeregistreerde perde, word die aansoek nie aan die Genootskap voorgelê vir goedkeuring nie. Die aansoek vir n Veev erbeterings invoerpermit word direk na die NSV geneem vir goedkeuring waarna aansoek gedoen word vir n Veterinêre invoerpermit. (sien e.2.i) 3. Perde wat vanaf ander lande (behalwe buurlande) ingevoer word, moet DEUR Suid Afrika ingevoer word. Die perde is verplig om vir 30 dae in kwarantyn te staan in Suid Afrika. ( Sien B.4.2 vir regulasies). Aansoek moet gedoen word in Suid Afrika vir n Veeverbeteringsinvoerpermit (tydelik) asook Veterinêre invoerpermit (sien e.4). Perde sal in die geval ook aan die Suid Afrikaanse regulasies moet voldoen vir invoer. 4. Die volgende permitte moet verkry word waar toepaslik : - Uitvoerpermit (vanaf Dept. Landbou in Suid Afrika of land van oorsprong) a) vir permanent uitvoer (sien e.1.i) b) vir tydelike uitvoer (Sport of skou doeleindes) (sien e.1.ii) - Veterinêre Invoer permit (Namibië) (sien e.2) - Veeverbeterings Permit (Namibië) (sien e.3) Bykomend vir perde vanaf nie-buurlande wat via Suid Afrika ingevoer moet word : - Veterinêre Invoer permit (Suid Afrika) (sien e.4) - Veeverbeterings Permit (Suid Afrika) (sien e.5) NB : Aangesien regulasies van tyd tot tyd verander word u versoek om alle inligting en vereistes op ALLE permitte uitgereik sorgvuldig te bestudeer b.2) Perde : permanente invoere registrasie vereistes Perde mag net ingevoer word vanaf WAHO lidlande. Lede word aangeraai om eers seker te maak dat die genootskap wel die perd sal kan registreer voor die perd ingevoer word. 1. Die perd moet geregistreer en opgeneem wees in die stoet boek van sy tuisland. 2. Die perd moet oor n DNA profiel beskik. 3. Uitvoerland se registrasie owerheid moet nwaho goedgekeurde uitvoer registrasie sertifikaat (export pedigree) uitreik. Die registrasie owerheid of n afgevaardigde moet die perd se identiteit bevestig volgens sy kleur en merke soos hy oorspronklik geregistreer was. Indien dit nie gedoen was nie, moet duidelik op die uitvoer registrasie sertifikaat aangebring word dat identiteit was nie bevestig nie. Uitvoer Registrasie Sertifikaat (Export Pedigree) MOET direk van die registrasie owerheid van die uitvoerland, na die registrasie owerheid van die invoerland gestuur word (WAHO REEL) Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 3

4. Na invoer moet die raad of n afgevaardigde van die invoer land die perd weer inspekteer volgens geregistreerde kleur en merke op die uitvoer registrasie sertifikaat. WAHO beveel aan dat die perd weer ge-dna word om vergelyk te word met die DNA profiel vanaf die uitvoerland te bevestiging van die identiteit van die perd. 5. Vir hingste ingevoer vir teeldoeleindes moet n vrugbaarheidstoets (semen telling) gedoen word voor registrasie as n teelhings. Indien n hings vir ander doeleindes ingevoer was (skou, uithourit ens) en daar wil later met hom geteel word, sal n vrugbaarheidstoets ook benodig word. 6. Indien n dragtige merrie ingevoer word, moet, bo en behalwe haar eie dokumente soos benodig, die volgende dokumente van die hings haar vergesel: die DNA profiel, gesertifiseerde afskrif van sy registrasie sertifikaat en n dek sertifikaat. 7. Aansoek vir registrasie van n ingevoerde perd moet binne 90 dae na aankoms in Namibia voorgelê word aan die Genootskap tesame met die voorgeskrewe fooie vir registrasie. 8. Vanaf 1 Januarie 2014 moet alle perde wat uitgevoer word in besit wees van n offisiele paspoort wat die perd vir die res van sy lewe moet vergesel. Hierin word alle entings ens aangedui. Die invoerland mag nie n nuwe paspoort uitreik indien perd reeds in besit van so paspoort is nie, maar moet slegs bladsye aangeheg sou dit nodig wees om aan die land se vereistes te voldoen) b.3) Perde tydelik ingevoer vir sport of skou Perde wat tydelik ingevoer word vir sport of skou : a) hoef nie toestemming by die Raad van die Genootskap of NSV te kry vir invoer nie, b) Geen koste is aan die Genootskap betaalbaar nie. c) Daar word slegs in Namibia aansoek gedoen vir n Veterinêre invoerpermit (sien e.2) en Veeverbeterings invoerpermit (sien e.3) d) Perde vanaf Suid Afrika : word in SA net aansoek gedoen vir n permit to export Animals for certain purposes shows (sien e.1.ii) Solank perde voldoen aan alle vereistes soos uiteengesit op die Namibiese Veterinêre invoerpermit, hoef hul nie in kwarantyn te staan nie. Binne 7 dae voordat die perd terug moet gaan na Suid Afrika, moet hy weer n gesondheidsertifikaat verkry soos gespesifiseer op die uit-en-invoer permit uitgereik in Suid Afrika b.4) Veterinêre gesondheidsvereistes LW : Veeartseny protokol word deur die Ministerie van Landbou bepaal en verskil van uitvoerland tot uitvoerland, en verander ook van tyd tot tyd na gelang van siektes teenwoordig. Vir enige verdere inligting benodig van n spesifieke land vanwaar perde ingevoer kan word, Skakel met Abraham Katjiukua by 061-208 7539 of e-pos: hailwak@mawf.gov.na 1. Perde van Suid Afrika : i. Die Perd: Was in Suid Afrika sedert geboorte of vir n ononderbroke periode van ten minste 3 maande voor uitvoer OF was uitgevoer na Suid Afrika vanaf Namibia binne 3 maande vir skou of sport doeleindes. Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 4

Kom van n plaas of perseel wat sonder enige Veterinêre restriksies as gevolg van enige siekte waarvoor die spesie vatbaar mag wees. In die geval van merries en hingste, was getoets vir Dourine met negatiewe resultate binne 60 dae voor uitvoer. In die geval van merries en hingste, is hul in besit van n offisiele Aansteeklike Equine Metritis (CEM) sertifikaat na aanleiding van 2 toetse gedoen, 7 dae uit mekaar, deur die Universiteit van Pretrio se Veterinêre fakulteit, Perde naviorsings eenheid, binne 60 dae voor uitvoer, en was nie sedert die toetse gebruik vir teling nie. Was ondersoek deur n Veearts binne 21 dae voor uitvoer en klinies gesond bevind asook vry van enige oordraagbare siektes waarvoor die spesie vatbaar mag wees. Was vervoer in skoon voertuie / containers wat geskik is vir die vervoer van die spesie. ii. Die aankoms van die perd moet aan die Staats Veearts, Windhoek, gerapporteer word by Telefoon +264 61 276580 fax: +264 61 276582 onmiddellik na aankoms. Die staatsveearts moet alle permitte nagaan en die perd vrystel as alles in orde is. iii. Suid Afrika is amptelik vry van Equine Viral Arteritis, Equine Infectious Anaemia, Equine Encephalomyelitis, Borna disease en Glanders iv. Dragtige merries wat ingevoer word, moet vul by die dragtige merrie kwarantyn stasie in Otjiwarongo. Na vul word die merrie en vul weer getoets vir CEM en indien skoon, sal hul vrygelaat word uit kwarantyn. v. Die plaas of perseel waarheen ingevoerde perd geneem word direk na invoer, sal vir 30 dae onder kwarantyn wees (geen perd mag na die plaas / perseel gebring / verwyder word vir 30 dae nie). Perde ingevoer vir sport of skou het GEEN kwarantyd periode nie vi. Alle toerusting soos halters, toue, borsels ens moet ten volle ontsmet word na invoer. 2. Perde vanaf ander lande : i. Perde vanaf enige ander land behalwe Suid Afrika, word via Suid Afrika ingevoer en die volgende voorwaardes geld : - Die perd moet ge-microchip wees met n ISO standard goedgekeurde mikroskyfie en die microchip nommer moet in die perd se paspoort aangebring wees. - Die Perd sal vir 30dae in kwaratyn staan by n offisiele kwarantyn stasie in Suid Afrika, op die onkoste en risiko van die eienaar, - waartydens nog gesondheidstoetse gedoen word soos wat bepaal mag word van tyd tot tyd deur die Direkteur van Diere Gesondheid, ook vir die koste van die eienaar. Daarna sal die perd eers na Namibia ingevoer kan word. ii. Dragtige merries wat so ingevoer word, moet vul by die dragtige merrie kwarantyn stasie in Otjiwarongo. Na vul word die merrie en vul weer getoets vir CEM en indien skoon, sal hul vrygelaat word uit kwarantyn. iii. Die plaas of perseel waarheen ingevoerde perd geneem word direk na invoer, sal vir 30 dae onder kwarantyn wees (geen perd mag na die plaas / perseel gebring / verwyder word vir 30 dae nie) iv. Vereistes vir die perd in oorspronklike uitvoerland : Was in die land vanaf geboorte of vir ten minste 6 maande ononderbroke voor uitvoer. Was nie in kontak met enige perde met tekens van aansteeklike of oordraagbare siektes nie. Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 5

Die oorspronklike perseel vanwaar hings kom, was vry van Equine Aansteeklike Anaemia, Equine Encephalomyelitis, Borna en Surra en Glanders vir ten minste 12 maande voor uitvoer, en in die geval van Aansteeklike Equine Metritis vir 2 jaar voor die begin van die vorige teel seisoen. Was getoets vir glanders en, vir hingse en merries, vir dourine met negatiewe resultate binne 30 dae voor uitvoer tensy land offisieel vry is van hierdie siektes. Was getoets vir Babesia Equi en B. Caballi met negatiewe resultate binne 30 dae voor uitvoer. Was ook behandel teen bosluise binne 7 dae voor uitvoer. Was getoets met die agar gel immuno-diffusie van Coggins toets, met negatiewe resultate, binne 30 dae voor uitvoer. Was getoets vir Equine Aansteeklike Anaemia deur gebruik te maak van die agar gel immuno-diffusie of Coggins toets binne 21 days voor uitvoer met negatiewe resultate. Was op 3 geleenthede negatief getoets vir Aansteeklike Equine Metritis (CEM) volgens spesifikasies op die gesondheidsertifikaat met tussenposes van nie minder as 7 dae binne die 30 dae voor uitvoer. Was onderhewig aan 2 negatiewe serologiese toetse vir Equine Viral Arteritis met tussenposes van 14 dae, met die laaste toets binne 30 dae voor uitvoer. Was ge-ent teen Equine Influenza tipe A Equi II & ii ten minste 30 dae, maar nie meer as 60 dae voor uivoer. Was ondersoek deur n Veearts binne 10 dae voor uitvoer en klinies gesond bevind asook vry van enige oordraagbare siektes waarvoor die spesie vatbaar mag wees. Spesiale voorwaarde : In die geval van invoer vanaf die Verenigde State van Amerika, was die die perd ge-ent teen Western, Eastern en Venezuelan tipes van Equine encephalomyelitis met n onaktiewe entstof soos goedgekeur deur die Veterinêre owerheid van die uitvpoerland, ten minste 6 weke, maar nie meer as 6 maande voor uitvoer. v. Die aankoms van die perd moet aan die Staats Veearts, Windhoek, gerapporteer word by Telefoon +264 61 276580 fax: +264 61 276582 onmiddellik na aankoms, en mag nie vrygestel word deur doeane sonder sy / haar toestemming nie. C) Prosedures : Die eienaar / agent : 1. Stel die president en / of sekretaresse van die genootskap in kennis per telefoon, per email, faks of per brief, van voorneme om n perd in te voer. Vir deelsgeteelde, Anglo- of ongeregistreerde perde asook perde tydelik ingevoer vir sport / skou hoef geen goedkeuring by die genootskap gevra te word voor invoer, verder word dieselfde proses gevolg. 2. Die eienaar / agent doen aansoek vir n uitvoer permit in land van oorsprong van die perd ten minste 30 dae voor die bestemde datum van uitvoer. Let Wel dat die aansoek vir die uitvoer van perde direk aan die die Arabier Genootskap of registrasie owerheid in die hings se tuisland gerig moet word vir goedkeuring en motivering. Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 6

Vir Perde vanaf Suid Afrika : Voltooi vorm Application to export Animals / Embrio s / Ova / Semen (sien e.1 vir vorm) Betaal die voorgeskrewe bedrag van R104 per permit in die volgende rekening : Bank Besonderhede : Standard Bank, Tak: Arcadia, Rekening: 011219556 Tak kode : 000845 / 010845 Stuur voltooide vorm asook bewys van betaling aan : Die Arabierperd Genootskap van Suid Afrika Address: P.O. Box 506, Bloemfontein, 9300 Fax: 086 662 8715 E-mail: charmaine@studbook.co.za 3. Doen aansoek in Namibië vir n Invoer permit asook Veeverbeterings Permit Let Wel dat die aansoek vir die invoer van perde direk aan die Raad van die Genootskap gerig moet word vir goedkeuring i. Voltooi die aansoek vir n Animal Improvement Permit (sien e.3 vir vorm) (Afdeling D word deur die Arabier Genootskap voltooi ten tye van goedkeuring) ii. Voltooi die vorm Appliation for veterninary import permit for animals / animal products into Namibia (sien e.2.i vir vorm) iii. Doen n betaling ten bedrae van RN$300 per perd aan : Arab Horse Breeders Society of Namibië Bank Windhoek, Gobabis tak, adres Nam, box 527, gobabis, tak : 481-172, rekening : 1168266401 4. Die voltooide vorms (i en ii) asook die bewys van betaling (iii) word nou voorgelê aan die Raad vir goedkeuring. U aansoek moet vergesel wees van die volgende a) 'n 5-Generasie stamboom van die hings met registrasie nommers. b) 'n Kliniese sertifikaat van die hings. c) Die perd moet oor 'n DNA-profiel beskik wat by die betrokke registrasie owerheid geliasseer is en 'n afskrif moet u aansoek vergesel. In Suid Afrika kan die DNA profiel van die perd aangevra per e-pos vanaf Onderstepoort deur n versoek te rig aan vgl@up.ac.za d) Die bewyse dat die perd getoets is vir oordraagbare siektes soos voorgeskryf deur die Veeartseny departement soos wat dit mag verskil van tyd tot tyd. e) n Gesertifiseerde magtiging van die eienaar van die perd dat u as agent kan optree. (As u van 'n agent gebruik maak, kom 'n addisionele N$ 500 by) 5. Indien die raad die aansoek goedkeur, voltooi n verteenwoordiger van die raad afdeling D op die aansoek vir die Veeverbeteringsinvoerpermit (E3, D) (sien Wet, bylae B) 6. Die goedgekeurde- en volledig voltooide aansoek word nou vanaf die Raad deurgestuur na Stamboek (NSV) vir goedkeuring. Die goedgekeurde aansoekvorm kan deur die eienaar of sy agent van NSA persoonlik afgehaal of per pos ontvang word. LET WEL dat dit nie ge-e-pos of gefax kan word nie aangesien die oorspronklike dokument met die NSV stempel daarop benodig word. NSV se goedkeuring vir die invoer is net vir 7 dae geldig Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 7

7. Die aansoekvorms en goedkeuring word nou geneem na die Ministerie van Landbou, Departement van Veeverbetering.. Die koste van die permit is N$100 en moet fisies self by die kantoor betaal word. Veeverbetering reik n veeverbeteringspermit uit en is 90 dae geldig). 8. Die veeverbeteringspermit word nou na die Veeartseny kantoor geneem vir die verkryging van n veeartseny permit waarop al die invoer vereistes verskyn. (Invoer vereistes mag verander na gelang van die siekte status van n land permit geldig vir 60 dae. Die koste vir die permit is N$50 en kan by die kantoor self, of by enige regerings (Staatsveearts) kantoor betaal word. Die bewys van betaling kan gefaks word na 061 303 151. Let WEL : n Veeartseny Invoerpermit sal selgs uitgereik word indien n Veeverbeteringspermit uitgereik is. (Gedeelte B van die veeartseny permit moet deur die staats veearts van die uitvoerland voltooi word.). 9. Die oorspronklike invoer en uitvoer permitte en gesondheidsertifikaat moet gepos / geneem word na n veearts in die perd se tuisland. (die lokale veearts moet die gesondheidsertifikaat voltooi en nodige toetse doen soos beskryf op die gesondheidsertifikaat en invoer en uitvoer permitte). (Gedeelte B van die gesondheidsertifikaat word deur die Staatsveearts van die uitvoerland voltooi. 10. n Afspraak moet VROEGTYDIG gemaak word by die Staatsveearts naaste aan die stoet of plaas waar die perd woonagtig was. Die staatsveearts moet alle permitte, toetsuitslae en gesondheidsertifikaat nagaan en goedkeur net voor die perd die land verlaat. NB : a) Maak seker alle permitte, toetsuitslae en die gesondheidsertifikaat saam gebind word en die perd ten alle tye vergesel. b) Vir veiligheid word voorgestel dat agent / eienaar n vol stel kopiee maak van alle permitte, gesondheidsertifikaat en toetsuitslae en dit laat sertifiseer voor dit oorhandig word om perd te vergesel tydens vervoer. 11. Die lid / teler moet by SARS geregistreer wees vir doeane dokumente. SARS aansoek, asook alle doeane dokumente kan ook deur Secure Crossings gedoen word. (sien D. kontak inligting) 12. Die eienaar of agent ontvang nou die perd sodra dit deur die doeane en staatsveearts vrygestel is. Die perd moet vir 30 dae in kwarantyn op die eienaar se eie perseel in Namibia staan (geen perde mag bygevoeg of verskuif word vanaf die( behalwe in die geval van perde wat tydelik ingevoer is vir sport of skou, in welke geval daar geen kwarantyn is nie) Die Genootskap / NSV : Ontvang die aansoek vir n Invoer permit asook die Veeverbeterings permit. Aansoek word goedgekeur en gemotiveer en NSV plaas hul stempel op die aansoekvorms. Vorms word aan eienaar of agent oorhandig. Ontvang die perd se uitvoer registrasie sertifikaat direk vanaf die registrasie owerheid in sy uitvoerland, en die ingevoerde perd word nou in die register opgeneem. Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 8

Die onderskeie Veeartse & Staatsveeartse : n Geregistreerde Veearts doen die nodige toetse / trek bloed / versamel monsters op die perd, wat dan na n erkende laboratorium gestuur word. Veearts voltooi die oorspronklike 2 bladsy gesondheidsertifikaat soos uitgereik in Namibië saam met die invoer permit, vir perd. Alle laboratorium verslae van toetse gedoen moet hieraan geheg word. Alternatiewelik kan n oorspronklike gesondheidsertifikaat op ʼn offisiële briefhoof van die land van waar uitgevoer word, voltooi word mits die Namibiese Invoerpermit nommer asook alle ander inligting soos gevra op die Namibiese gesondheidsertifikaat, daarop voorkom. Die staatsveearts moet alle permitte, toetsuitslae en gesondheidsertifikaat nagaan en goedkeur net voor die perd die land verlaat. By aankoms in Namibie sal die Staatsveearts in kennis gestel word. Afhangende van watter land die perd afkomstig is, sal die perd nou aan die invoerder of sy agent oorhandig word, of teruggehou word vir kwarantyn. D) Kontak Besonderhede : Navrae ivm Veeartseny invoer permit : Dr Anja Boshoff State Veterinarian, Namibië, Import/Export Control 130 Robert Mugabe Ave, Windhoek. Tel: +264 61 303 150, Fax: +264 61 303 151, e-mail: BoshoffA@mawf.gov.na Navrae ivm Veeverbeterings permit : Ministerie van Landbou - Namibië Abraham Katjiukua Government Office Park, Guther Street. Green building, room 230, decond floor. 061-208 7539, e-pos: hailwak@mawf.gov.na. Dr. Julia Reeves State Veterinarian, South Africa Import Export Policy Unit, Directorate Animal Health Department Agriculture, Forestry and Fisheries, South Africa Tel: + 27 12 319 7524, Fax: + 27 12 329 6892, E-mail : juliap@daff.gov.za DNA Onderstepoort (Suid Afrika) : Dr Cindy Harper 012 529 8000, Anette Ludwig anette.ludwig@up.ac.za DNA profiel aanvraag e-pos vgl@up.ac.za DNA UNISTEL (Stellenbosch Universiteit, Suid Afrika) Dr Joubert Oosthuizen : +27 (21) 938-9213, Fax: +27 (21) 932-0065 cjj0@sun.ac.za Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 9

Staatsveeartse, Suid Afrika +27 (12) 316-1708/9 590 Vermeulen Street, Pretoria The Registrar of Animal Improvement (vir aansoen van uitvoerpermit in Suid Afrika) Private Bag X138, Pretoria, 0001, Tel. No. (012) 319-7434, Fax No. (012) 319-7570/7425 H/V Annie Botha & Union Strate, Delphen gebou, kamer G52, Pretoria Invoer en uitvoer Agente : Sibylle Horsthemke (NAM) P.O. Box 90145, Klein Windhoek Cell: 00264 81 1242654, Tel: 00264 61 402 250, Email: bubbles@iway.na SECURE CROSSINGS (RSA) Japie van Deventer CELL: 073 145 3133, TEL: 054 331 3563, FAKS: 086 502 1032 EPOS: securecrossings@telkomsa.net OVERSEAS IMPORT CLEARING AGENT KEVIN CONNOLLY, TEL: 083 253 9800, EMAIL: connolly@compute.co.za E) Vorms : Vir die invoer van perde in Namibië, moet die volgende 3 vorms voltooi word: e.1) Uitvoerpermit, Suid Afrika i) permanent ii) tydelik vir sport of skou e.2) Veterinêre Invoerpermit (Namibia) e.3) Veeverbeterings permit (Namibia) - vir perde permanent ingevoer vir teel Vir die invoer van perde in Namibië vanaf nie-buurlande (moet via Suid Afrika ingevoer word) die volgende 2 ekstra vorms voltooi word: e.4) Veterinêre invoerpermit (SA) vir perde ingevoer via SA met kwarantyn e.5) Veeverbeterings permit (SA) vir perde ingevoer via SA met kwarantyn e.6) Voorbeeld van gesondheidsertifikaat (vir permanente invoer vanaf Suid Afrika) e.7) Voorbeeld van gesondheidsertifikaat (vir tydelike invoer vanaf Suid Afrika) e.8) Voorbeeld van gesondheidsertifikaat (vir invoer vanaf ander lande) Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 10

e.1 : i Aansoek vir uitvoer permit (Dept. Landbou, SA) - PERMANENTE UITVOER Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 11

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 12

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 13

e.1.ii : Aansoek vir uitvoer permit (Dept. Landbou, Suid Afrika) - TYDELIKE UITVOER Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 14

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 15

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 16

e.2. : Veterinêre Invoer Permit (Namibië) Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 17

e.3 : Veeverbeteringspermit (Namibia) Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 18

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 19

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 20

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 21

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 22

e.4 Veterinêre invoerpermit (SA) vir perde invoer via SA met kwarantyn Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 23

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 24

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 25

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 26

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 27

e.5 : Veeverbeterings invoerpermit (Suid Afrika) vir perde invoer via SA met kwarantyn Directorate Animal Production Private Bag X138, Pretoria (Tshwane), 0001 Delpen Building, C/o Annie Botha & Union Street, Riviera, 0084 APPLICATION FOR THE IMPORTATION OF ANIMALS AND GENETIC MATERIAL A. IMPORTANT INFORMATION! 1. Complete fully in print. CONFIDENTIAL ANIMAL IMPROVEMENT ACT, 1998 (ACT NO. 62 OF 1998) AND THE REGULATIONS PROMULGATED IN TERMS THEREOF 2. Complete in full in duplicate. Incomplete applications will be returned to the applicant and no responsibility for any inconvenience will be accepted. 3. Application to be submitted 30 days prior to importation/exportation. 4. Ensure that the following documentation is attached to the application (a) (b) (c) (d) An extended two generation pedigree; The performance records; and Blood typing certificate (if not available refer to regulation 13(2)(b) and/or NDA certificate/s; and Approval from relevant Breeder Society. 5. The applicant must be a juristic person, e.g. John Peter Citizen, or John Peter Citizen T/A Diepsloot Stud, or Diepsloot Stud CC, of Diepsloot Stud (Pty) Ltd, or Diepsloot Ltd. 6. If the applicant does not sign the application personally, a letter authorizing the signatory (agent) to sign the application on behalf of the applicant must accompany the application. 7. If an applicant has entered into an agreement with the foreign supplier of the animal s to be imported, in terms of which royalties, fees or concessions, in addition to the purchase price are payable or to be given in respect of the use of such animal/s or progeny thereof, this application shall also be accompanied by a confirmation by the Director-General of the Department of Trade and Industries that such agreement has been approved by this Department. 8. The correct fee (R228.00) must accompany each application. 9. Make cheques and postal orders payable to: Director General: Agriculture 10. Applications must be submitted to the: Registrar of Animal Improvement Bank Details: Private Bag X138 Standard Bank Pretoria Branch: Arcadia 0001 Acc.: 011219556 Tel: (27) 12-319 7429 / 7486 Branch Code: 000845 / 010845 Fax: (27) 12-319 7570 / 7425 Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 28

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 29

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 30

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 31

e.6 Voorbeeld van Gesondheidsertifikaat permanente invoer vanaf Suid Afrika. PERDE VANAF SA 1. After due enquiry and to the best of my knowledge have been in South African since birth or for a continuous period of at least 3 months prior to shipment, Or have been imported into South Africa from Namibia within the last three months for show or eventing purposes; 2. Originate from a farm not under veterinary restrictions for diseases to which the species are susceptible 3. Were in the case of mare and stallion tested for Trypanosoma equiperdum (dourine) using the Complement Fixation test (CFT) with negative results within 60 days prior to shipment. 4. Were in the case of a mare and stallion issued with an official Contagious Equine Metritis clearance certificate based on two tests, one week apart, by the University of Pretoria s faculty of Veterinary Science, Equine Research Centre within 60 days prior to shipment; and not used for breeding 5. Were on (date) which is within 21 days of shipment examined by myself and found to be free of external parasites and communicable diseases to which the species is susceptible. 6. Were transported in clean vehicles/containers which are suitable for transport of the species concerned. 7. The exporter has been informed by me that horses/donkeys may not be imported into Namibia without a permit from the Registrar, Livestock Improvement of Namibia. 8. South Africa is officially free from Equine Viral Arteritis, Equine Infectious Anaemia, Contagious Equine Metritis, Equine Encephalomyelitis, Borna disease and Glanders. Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 32

e.7. Voorbeeld van Gesondheidsertifikaat tydelike invoer vanaf Suid Afrika. Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 33

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 34

e.8. Voorbeeld van Gesondheidsertifikaat invoer vanaf ander lande. Aangesien perde 30 dae in kwarantyn moet staan in Suid Afrika, moet seker gemaak word van Suid Afrika se spesifieke vereistes vir die land van oorsprong. VETERINARY HEALTH REQUIREMENTS This certificate must be issued by a veterinarian authorised thereto by the Veterinary Administration of the exporting country, to the effect that the animal/s as described in B hereunder: 1. has/have been in the exporting country * since birth OR * for a continuous period of at least 6 months prior to shipment; 2. emanate/s from premises which have been free of Equine infectious anaemia, Equine encephalomyelitis, Contagious equine metritis, Borna disease, Surra and Glanders for at least 12 months prior to the removal of the animals to the port of shipment, and in the case of Contagious equine metritis for two years since the commencement of the previous breeding season; 3. * was/were tested for glanders, and in the case of mares and stallion also for Dourine, with negative results within 30 days prior to shipment OR * emanate/s from an exporting country which is free of Glanders and Dourine; 4. was/were subject to diagnostic tests for Babesia equi and B. caballi with negative results during the 30 days prior to shipment, and treated against ticks within the seven (7) days prior to shipment; 5. has/have passed with negative results the agar gel immuno-diffusion or Coggin s test for Equine infectious anaemia within 30 days prior to shipment; 6. was/were tested three (3) times for Contagious equine metritis with certified negative results at intervals of not less than 7 days, within the 30 days immediately prior to shipment. (For testing stallions swabs must be taken from the sheath, urethra and urethral fossa as well as ejaculatory fluid for each of the three tests. In the case of mares, the swabs must be taken from the cervix, urethra and clitoral fossa. At least one set of swabs must be taken while the mare is in oestrus); 7. In the case of mares, animals were certified as not pregnant; 8. has/have been subjected to two (2) negative serological tests for Equine viral arteritis with an interval of 14 days between tests within 30 days prior to shipment; 9. has/have been vaccinated against Equine influenza type A Equi I & II at least 30 days but not more than 60 days prior to shipment; 10. has/have, in the case of animals imported from Northern or Southern America, been vaccinated against Western, Eastern and Venezuelan types of Equine encephalomyelitis with an inactivated vaccine approved by the Veterinary Administration of the exporting country, at least six weeks but not longer than six months prior to shipment; Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 35

C. HEALTH ATTESTATION I, the undersigned veterinary official authorised thereto by the official veterinary authority of..(name of country) certify that horses/donkeys described in section A comply with all conditions set out in section B and further certify the following: 1. has/have been in the exporting country * since birth OR * for a continuous period of at least 6 months prior to shipment;(delete inapplicable) 2. emanate/s from premises which have been free of Equine infectious anaemia, Equine encephalomyelitis, Contagious equine metritis, Borna disease, Surra and Glanders for at least 12 months prior to the removal of the animals to the port of shipment, and in the case of Contagious equine metritis for two years since the commencement of the previous breeding season; 3. In the case of mares, animals were certified as not pregnant; 4. The animal/s has/have been kept in isolation since the onset of testing until the time of shipment, and during this time showed no clinical signs of any disease to which the species is susceptible; 5. was/were examined on the day of shipment during which animal/s was/were found to be clinically healthy, free from ectoparasites and communicable diseases to which the species is susceptible, and fit to travel; 6. Laboratory health tests Date Disease Type of test Result of test Name of official laboratory Glanders* Dourine* (mares and stallions) Babesia equi Babesia caballi Equine infectious anaemia 1. Contagious equine metritis Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 36

2. Contagious equine metritis 3. Contagious equine metritis Equine infectious anaemia * If exporting country is not free of disease 7. Vaccination Records Date Place Country Disease Vaccine Name Batch No Equine influenza Equine encephalomyelitis** ** For animals from Northern or southern America Quarantine period for 30 days. After release from quarantine the stud to which the animals are moved will be placed under quarantine for a minimum of 30 days. All horses must be accompanied by passport. Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 37

Bylae A : Uittreksel Konstitusie van die Arabier Perd Telers Genootskap van Namibie 12. REGISTRATION OF IMPORTED HORSES 1. Prospective importers are advised to check in advance that the Society will be able to register the animal in question. 2. The Society will require the correct fees and following papers: 2.a) An Export Certificate issued by the exporting Registry. For Arabs this must be a WAHO approved certificate sent direct to the Society by the exporting Registry. 2.b) Documentary proof of all changes of ownership between the last officially recorded owner and the owner at the time of the proposed registration together with such record of movement as the Society may require. 2.c) Proof of registration in the stud book or register of the animals country of origin. 2.d) A completed Foal Identification and Naming Form or Mature Animal Identification Form, whichever is applicable, counter-signed by an independent Veterinary Surgeon. 2.e) Covering Certificate for mares imported in foal and such details of the sire as the Society may demand. 3. Imported stallions with progeny already registered in a WAHO currently recognized stud book will be licensed automatically by the Society. 4. Foals conceived aboard and foaled in Namibia will be registered by the Society and the standard of documentary evidence required will not be less than for foals conceived and born in Namibia of mares registered with the Society. 5. For breeding stock, a fertility test (e.g. semen count) is required, should a horse be imported for any other reason, and the owner should decide at a later stage to use the imported horse for breeding, the fertility test will still be applicable before said horse may be registered as breeding stock. 6. Any imported horse for which an application for registration or recording is submitted, shall bear the identification marks appearing on the registration and/or export certificate in a permanently indelible manner to the satisfaction of the Council. Where such horse bears no identification marks, evidence of identity shall be produced to the satisfaction of the Council. 7. Imported horses will be required to submit a DNA test of the said horse taken in the country of origin and again taken after arrival in the Namibia to the Council, so that the said horse can be positively identified as the true import. (will only be applicable for horses from overseas). 8. The application fro registration or recording of an imported horse shall be submitted to the Manager within ninety (90) days after the arrival of the horse in the Territories and such application must be accompanied by the prescribed fee. In the event of such application not reaching the Manager within the time stated it may be accepted provided the owner of the horse explains the delay to the satisfaction of the Council and pays prescribed fees for late registration or recording. Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 38

Bylae B : Uittreksel Nasionale Veeverbeterings Wet Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 39

Bylae C : Uittreksel Wet op Dieregesondheid Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 40

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 41

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 42

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 43

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 44

Bylae D : Uittreksel WAHO Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 45

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 46

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 47

Protokol : Invoer van Perde : Tydelik & Permanent 48