For the love and care of Fancy Pigeons / Vir die liefde en versorging van Sierduiwe

Similar documents
RULES/REËLS , FAUNASIG 9325, / ,

The Influence ofdietary Protein Levels on Growth Curve Parameters of Quail

BFN GSD CLUB NEWS LETTER/NUUSBRIEF

SOUTH AFRICAN NATIONAL CAGE BIRD ASSOCIATION

SHELLEY POINT NEWS. June A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point

MOLKENTIN-STUD. We are selling breeding stock all year. round in all price-ranges depending on quality.

Vrae: Wie van julle het hierdie nuwe fliek gesien: Dinossaur? Wie van julle glo dat daar regtig dinossaurusse was? Miljoene en miljoene jare terug.

Third Quarter 2016 The

The Blom brothers, Robert and

Vol 28 / No 1 / 2018

Magazine. Home make over page 9. Food that make you HAPPY page 12. WIN A ROMANTIC DINNER FOR 2- page 3 ONLINE I M ON YOUR PHONE!!

Nasionale Jeugskou/ National Youth Show. Wolskaap / Wool sheep

Agter die kap van die byl

Western Cape Government. Agriculture. Canola

RESULT / UITSLAG LEEU GAMKA 20 AUG KM

VICTOR GEL. Reg no. L8594 Act/Wet 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 4A IRAC INSEKDODERGROEPKODE ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL

God s gift to Cattlemen

THE LEBOMBO ECO-TRAIL

Jakkals Jag 2 Roepers!

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates October/Oktober 2014

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates June/Junie 2014

Celtis Africana October The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates March/Maart 2015

Celtis Africana January The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

116, Graaff-Reinet, 6280

n Algemene resep wat gebruik kan word vir die A general recipe for raising hand-reared lambs: grootmaak van hanslammers is:

NUUSFLITS \ NEWSFLASH

Veekundige Beraad. 17 Julie 2014 Vrede

NASIONALE DIERETUIN VAN SA PRETORIA NATIONAL ZOOLOGICAL GARDENS OF SA

Raad en personeel 2. Van die Vise-President 4. Die regte stoetbul van die begin af. The correct stud bull from the start 8

FAERIE GLEN BULLETIN Summer Edition 2018

Protokol : INVOER. Perde : Permanent & Tydelik. vol1.4 ( 2013 )

Core vs non-core vaccines Legitimate immunisation records Importance of vaccination Vaccine administration Immunisation programme

BAMBINO KLEUTERSKOOL

Show of the Pajottenlanders in Affligem (Belgium) 20, 21 and 22 November 2009

e-magazine Issue 2, Spring 2014

International delegations visit the Zoo

n Studie van die/a study of the S.A.Boerbok/goat, Savanna & Kalahari Red

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates January/Januarie 2014

KLOSTRIDIALE SIEKTES:

PROOF. Services by the South African Milch Goat breeders society. Dienste gelewer deur Suid Afrikaanse Melkboktelers vereniging

FOR MEMBERSHIP & GENERAL ENQUIRIES PLEASE CONTACT THEUNS EKSTEEN AT Hot off the Press!!

SUPER SUMMER SALE. Saturday 15 November 12:00


From the Horse s Mouth

La Rhone John Deere LR 0977 Snr Kampioen Limousin Bul. La Rhone Garland LR 0739 Snr en Groot Kampioen Limousin Koei

SENEPOL NEWS. Senepol Breeders Society established. National Senepol Auction 9 April 2011, Circle C Ranches near Excelsior

» Young Veterinarian of the Year Award

FROM THE HORSE S MOUTH

FEEDBACK ON CONGRESS MATTERS OF THE RMAA - MAY 2014

OCCURRENCE OF HELNIINTH INFECTIONS IN DOGS IN FIVE RESOURCE-LIMITED COMMUNITIES IN SOUTH AFRICA

"Veterinere Volksgesondheid - Vakgebied of Beroepstaak1" Universiteit van Pretoria

HOE HOW registreer ek my bokke by SA Stamboek do I register my goats at SA Studbook

DIERE HANTERING deur Leon Kruger

MEI/MAY 2016 NWKV Nuusbrief 39 / NWGA Newsletter 39. CMW is die hoofborg van hierdie nuusbrief.

SA STAMBOEK SA STUD BOOK

DIE ROL VAN SOSIALE ONDERSTEUNING IN DIE LEWENSTEVREDENHEID VAN MIV-GEAFFEKTEERDE ADOLESSENTE ALBERTUS J MALGAS

Natures money maker A NEW DAWN FOR SHEEP BREEDERS

FOR ANIMAL USE ONLY BRAVECTO

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

BRANGUS Joernaal 2011 Journal

June/July Enjoy the reading, and please inform us if there is a specific topic you need covered. Regards

The effect of different incubation temperatures on chick quality

Fancy Feathers. Official mouthpiece of the National Fancy Pigeon Association Volume 3. Issue 1.

Contents. Inhoud. Advertisements. Advertensies

TULI joernaal 2014 journal

Visit our website:

Visit our website:

Graham Bates UK. Australia s Best Young Bird Show NO ENTRIES WILL BE ACCEPTED UNLESS VACCINATED

Helderberg Branch. Chairman: Chris Marshall POSTNET SUITE #300, PRIVATE BAG X15, SOMERSET WEST 7129.

UPDATES NEWS & PAGE 2: PLEASE TAKE NOTE: DISTEMPER OUTBREAK PAGE 3: SHOCKING! PAGE 4: ADOPTED ANIMAL OF THE MONTH &

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

Quantitative feed restriction of Pekin breeder ducks during the rearing period and its effect on subsequent productivity

FOR ANIMAL USE ONLY BRAVECTO

DIE OMVANG EN PRAKTIESE UITVOERBAARHEID VAN ONDERSTEUNDE INKLUSIEWE ONDERWYS IN PUBLIEKE LAERSKOLE IN GAUTENG. deur. Emmarentia Frederika Rheeders

The caring relationship: a qualitative study of the interaction between childless married couples and their dogs

LUGWEG- INFEKSIES IN BEESTE: n Paar vrae beantwoord

PRONDIVAX Multi C8 + B Reg. No. G4207 Act/Wet 36/1947

FROM THE HORSE S MOUTH

Visiting some breeders of typical DUTCH fancy pigeon breeds

KALF- GESONDHEID. Rotavirus Coronavirus E.coli. Waterig met slym, en groot volumes. Nie so depressief as met Rotavirus nie, drink nog melk.

Australia s Best Young Bird Show

PIGEON SHOW PREMIUM LIST WASHINGTON STATE FAIR AUG. 31 SEPT. 23, 2018 (CLOSED TUESDAYS & SEPT. 5)

November (Previous disease reports can be seen on the RuVASA website ) These reports include data from individual practices

Australia s Best Young Bird Show

DG NEWSLETTER. District 410D March 2018

WELCOME TO / WELKOM BY WOODVIEW ANGUS VALUE FOR MONEY FEMALE SALE! On behalf of / Namens THE ANGUS FAMILY

SA Boerbok Boer Goat B O E R G O A T N E W S N R

Improving production with the help of

Observations on neonatal progress of Dormer and South African Mutton Merino lambs

UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2 50 JAAR GELEDE 3 APPELKOOSONDERSTAMME 3 FRUIT JUICE MATTERS 6 PERSKE ONDERSTAMME 8 SPRAY AND HARVEST GF120 12

BSSA Affiliation Fees for The South African Budgerigar Bulletin. The Budgerigar Society of South Africa Issue 22 November March 2009

An analysis of the Pseudocordylus melanotus complex. (Sauria: Cordylidae)

Helderberg Branch Newsletter

100 year s Jubilee Show October NUT & SPORT Woerden (Utrecht NL) DEEL 3. Photos: Ronald van Dijk. Best of Domesticated Waterfowl, Call Duck.

DEPARTEMENTVANLANDBOU. DEPARTMENT OF AGRICUL TURE No. R March 1992

Insecticide A contact suspension concentrate acaricide for the control of various mite pests on citrus.

64 e VDT Show 2015 Held from: 4 to 6 December 2015 Neue MESSE Leipzig (Germany)

~ I. I OFFICIAL GUIDE tl. I r~ TO ~ ~ The National Zoological ~ r~ Gardens of South Africa ~ PRETORIA,1928. Pretoria, South Alri~p

7-9 December 2011 Enschede (The Netherlands)

Transcription:

For the love and care of Fancy Pigeons / Vir die liefde en versorging van Sierduiwe Die Sierduif The Fancy Pigeon Desember 2018 Official mouthpiece of SAFPA / Amptelike mondstuk van die SASV

Sommer net vir die onthou... Brunner Grandslam 2008

Editors page / Redakteur se blad Indeks / Index Editors Column 1 Editorial 2 Kers- en Nuwejaars boodskappe van sommige lede 3 Kom ons kyk in die spieël - Rob Lombaard 5 SA s 2018 in Bloemfontein - Seppie Esterhuizen 6 Scoreboard and Rules 12 Birthdays A057* - Cyril Jasper - 01-Jan H019 - Tom Ryke - 01-Jan A009* - Phillip Lee - 01-Jan V001 - Raymond Hols - 02-Jan C021 Brenda Kirsten - 02-Jan G012 Piet Kruger - 05-Jan V020 Annamarie Kruger - 05-Jan H043 André Grobbelaar - 06-Jan H017 Danté Pelser - 09-Jan J009 Renier van Schalkwyk - 10-Jan W023 Ricardo Venter - 10-Jan H002* Ben Ricketts - 11-Jan D023 Pierre Muller - 11-Jan W020 Melanie Reynecke - 11-Jan W001 Routjie Roux - 24-Jan W012 Carlo Swanepoel - 25-Jan D045 Awie Esterhuizen C009 Zack Roux V016 Danie Swart Ill members None Deaths None Advertisement Costs Businesses and non SAFPA members Quarter page - R250 / Half page - R450 / 3 Quarter page - R650 Full page - R850 / Colour cover page - R1200 SAFPA members - Only one placement ¼ page - R100 / ½ page - R200 / ¾ page - R300 / Full page - R400-26-Jan - 29-Jan - 29-Jan National Editor - E-mail: cora.christo@gmail.com - Cell: 076 391 5800 Banking details Account Name SAFPA Standard Bank Tyger Manor Branch Code 05-04-10-41 Account Number 272 692 794 National Ringmaster Available Monday to Saturday 08:00-20:00 Sunday after 14:00 The Fancy Pigeon 1 Die Sierduif

Redakteur/Editor Christo Munnik So kom die jaar alweer op sy einde, vinniger as wat ons gedink het. Baie dinge het dan ook weer die jaar gebeur, baie hoogtepunte en ook laagtepunte, positiewe en negatiewe gebeurtenisse. Gelukkig probeer ek slegs die positiewe onthou want ek is nie meer lus vir kwaadpraters en negatiewe mense in my lewe nie. Die SA s in Bloemfontein was dan ook so n hoogtepunt wat ek lank sal onthou al het ons bitter koud gekry in daai massiewe skousaal. Ek was dan ook weer genooi om die Jeugskou te beoordeel in George, weereens n belewenis saam met al die ou en nuwe vriende wat daar bymekaar gekom het vir vier dae se harde werk en lekker pret ook. Ek het plekke gesien wat ek en Cora laas in 1975 gesien het. Ek was wel by die SA s in Hartenbos maar daar waar die saal was, is nou nuwe geboue. Hierdie is dan ook nou weereens die laaste keer dat die boekie in die formaat gedoen word, volgende jaar gaan ek poog om dit in A4 formaat te doen. As ek so na die artikels kyk wat ek deesdae ontvang, gaan die boekie dalk so ses bladsye beslaan waarvan twee of dalk drie aan lede en ander advertensies afgestaan sal word. Die een bladsy sal ook die inligting van die trofees bevat saam met die redakteur se blad wat maar die indeks en verjaardae sal wees. Ek klink nou negatief en ek lees van die UK se kant af dat ons asseblief nou moet positief begin raak oor die SASV maar ek sê vir julle as ek nie genoeg artikels kry nie los ek die boekie vir twee of drie maande tot daar iets is om te plaas. Ek is nou gatvol gelek en smeek vir artikels glo vir my. MODENESERKLUB VAN S.A. President: Jan Lombard - 083 274 1014 Sekretaris/Tesourier: Wim van Rensburg - 084 504 2928 DIE PERFEKTE RAS: Top kwaliteit EuropeseBloedlyne (6x top-7 in 2 jaar), Elegansie, Vrugbaarheid, Kleurverskeidenheid, Goeie Voerders, Invoerstrategie om Top Duiwe binne Alle lede se bereik te plaas. What do you get when you combine long legs, beauty, elegance and curves? - the perfect bird! The Fancy Pigeon 2 Die Sierduif National Ringmaster - E-mail: safpa.rings@axxess.co.za Cell: 082 565 9022 Fax2mail: 086 730 3229

KERS- EN NUWEJAARSWENSE Kan julle glo, hier staan ons alweer aan die einde van nog `n jaar en dis weer Desembertyd, vakansietyd, Kerstyd.. 2018 het behoorlik in n oogwink onder ons uitgehardloop. Webpage - www.fancypigeon.co.za Cell: 083 626 6003 Wat `n jaar was dit nie, met sy hoogte en laagte punte. Die SASV het weereens groot geeste verloor en ook familie van ons lede. Ons dink aan hulle wat hul eerste Kersfees sonder hulle geliefdes moet vier. Kom ons hou ons hand in die Here se hand en stap die pad wat vir ons uitgelê is. Wees dankbaar vir wat jy het en tot waar jy gevorder het in 2018. Ongeag wat die jaar opgelewer het, wil ons elke persoon bedank vir sy/haar ondersteuning. Mense verskil en ons kan nooit almal tevrede stel nie. Tog was daar nogsteeds baie hoogtepunte waaroor ons dankbaar is. Laat ons al die onaangename dinge agter ons sit en met nuwe positiwiteit die leisels vat en 2019 `n beter jaar maak. Mag die nuwe jaar vir almal net mooi en opwindende dinge inhou. Onthou jou familie, vriende en duiwe is kosbaar. Hiermee wil Theresa en ek almal n geseënde en rustige Kerstyd en voorspoedige 2019 toewens. Chris en Theresa de Bruin Mag die kerfees weereens n besondere geleenthied vir elke lid en sy familie wees. Mag julle Sy vrede en vreugde ervaar en dit ook oordra aan die rondom julle. Mag 2019 n besondere jaar vir elke duiwefamilie wees. Groete. Noordkaap Sierduifvereniging GJ van Aswegen Teel met Norwich Croppers en Working Homers Kontak besonderhede: Sel: 082 921 1747 e-mail: gjtlofts7@gmail.com National Editor - E-mail: cora.christo@gmail.com - Cell: 076 391 5800 The Fancy Pigeon 3 Die Sierduif

KERS- EN NUWEJAARSWENSE Randgold Lofts wens al ons duiwevriende en gesinne n geseënde Christusfees toe, mag julle almal die Grootheid van God ervaar en n voorspoedige 2019 vir almal. Lourens en Magda Muller. Die jare kom en gaan en so stap ons die Sierduifpad tesaam. Aan al my medestappers wil ek toebid God s rykste seën vir hierdie Kersgety maar ook vir n wonderlike geseënde 2019. Ook vir julle Christo en Cora met jul familie vrede en vreugde. Ds Renier en Merle Lee Vir my duiwevriende en familie wat deel van my lewe is, deur God so bepaal... Mag die seisoen van die viering van Christus se lewe, dood en opstanding, jou siel verwarm, liefde deur jou hart laat vloei en seëninge oor jou lewe uitstort. Geseënde Kersfees en voorspoedige 2019 vir almal. Christo en Cora Munnik. Sy sal n seun in die wêreld bring, en jy moet hom Jesus noem, want dit is hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Dit is mos waaroor Kersfees gaan. Ons wens vir julle almal n geseënde Christusfees en voorspoed vir 2019 toe. Harry, Amanda, Juandré en Mi-André Munnik The Fancy Pigeon 4 Die Sierduif National Ringmaster - E-mail: safpa.rings@axxess.co.za Cell: 082 565 9022 Fax2mail: 086 730 3229

Kom ons kyk in die spieël! Ingestuur deur Rob Lombaard Na aanleiding van die artikel wat Theresa de Bruin ingestuur het, het ek besef dat dit seker een van die mees raakskiet artikels was wat in n lang tyd geplaas is. Dit is lankal tyd dat ons die blinkers afhaal en in die spieël kyk voordat ons rondkyk en klippe begin gooi uit ons glas huisies. Nog n jaar het verloop waarin slegte sowel as goeie gebeure plaasgevind het. Kom ons wees dankbaar en behou die goeie. Namens Oostelike Streek wil ons alle lede van die SASV gedurende hierdie Kersseisoen die diepe tevredenheid van n ware Christusfees saam met u geliefdes toewens en mag 2019 vir u vele sëeninge, geluk en goeie gesondheid inhou. At en Riana van Jaarsveld Ek self maak myself skuldig aan juis van die punte wat genoem word. Somtyds per toeval en ander tye met n plan in gedagte. Daar is tye wat ek negatiewe punte uitlig en onder ons bestuur se aandag probeer bring om gesprek uit te lok. Ek kan ook sê dat baie lede net terug sit en absoluut niks doen nie, party lede is dalk bang om n negatiewe vraag te vra en heel gereeld vir een of ander rede word die tipe vrae deur lede aan my gevra. Volgens my, is een van die grootste sondes wat gepleeg word in ons stokperdjie en verantwoordelik is vir afname in ledetal ONEERLIKE BEOORDELING. Dit het al in die verlede ooglopend gebeur dat minderwaardige duiwe bo die beter duiwe geplaas word, of dit nou gedoen word om iemand n guns te bewys, of te vergoed vir gunste wat gedoen is of dalk net om in goeie boeke te kom by iemand weet ek nie. Die laaste aantal skoue lyk die beoordeling vir my baie meer asof die duif weer eerste geplaas word en nie die vertoner nie. Ek vra dus groot asseblief aan elke beoordelaar, senior- en rasbeoordelaars om asseblief met n oop kop by n skou op te daag en die beste SKOU VOORBEREIDE, RASVERTEENWOORDIGENDE duif eerste te plaas. Ek hoop werklik die punt dring deur, dan sal kwaliteit duiwe weer National Editor - E-mail: cora.christo@gmail.com - Cell: 076 391 5800 The Fancy Pigeon 5 Die Sierduif

na vore kom en ons skou uitslae minder bevraagteken word. Dan aan lede wat op besture dien, of dit spesialiteitsklub-, Streek- of Uitvoerende komitee is, julle word vir jul poste gekies deur die lede met die doel om die lede te dien en ons stokperdjie te laat groei, geen persoon word in n pos geplaas om gesag uit te oefen en te dikteer nie. Daarom vra ek aan bestuurslede om weereens in die spieël te kyk en klem te lê op jul mense verhoudinge, want die persoon wat swak mense verhoudinge het op bestuursvlak is weereens n resep om lede te verjaag. SA s 2018 te Bloemfontein Seppie Esterhuysen En daar is SA s 2018 ook iets van die verlede, ek het so lank daarna uitgesien!! Elke SA s is iets besonder, nooit sal enige SA s volpunte kry nie, maar elkeen staan uit in n spesifi eke kategorie of meer. Kom elkeen van ons probeer om onsself te verbeter, ons duiwe en ons organisasie bo onsself te plaas en ons vereniging weer positief en aan die groei te kry! Ek self het my duiwe baie afgeskaal, my wedvlugduiwe neem baie tyd op gedurende skou seisoen en werkslas in ons buurstate vereis ook dat ek baie minder tyd deurbring by die duiwe om skou voorbereiding te vervolmaak. Daar waar ek wel kan bywoon sal ek dit doen met 110% toewyding en positiewe gesindheid. Groete Hierdie skou het volgens my uitgestaan met sy lekker pannekoektafel, Donderdagaand se dinee en natuurlik die KOUE. Junior, geluk, jy het dinge mooi vlot laat loop. n SA s is die plek waar elkeen met sy duiwe kom uithang. Ja, ook vol verwagting vir n raswenner, of n Top 7 toekenning of vir daardie skaars ene, Kampioenduif. Daardie wenduif was n wenner. Vir my is die weersien van daardie bekende gesigte net so n hoogtepunt. Ons kyk die meer plooie of grys hare of ietsie meer om die middel wat bygekom het mis. As jy na die tyd bietjie terugkyk dan ontdek jy dat jy iemand selfs beter leer ken het. Doen ons moeite om mekaar beter te leer ken of selfs daardie alleenlopers nader te trek. Soos mens ouer word raak suke dinge meer belangrik vir n mens. Ja, wen is altyd lekker, maar net soveel lekkerder as ek in die proses die om my ook soos iemand laat voel en nie soos niemand nie!! Ek staan die dinsdagoggend in die groot The Fancy Pigeon 6 Die Sierduif National Ringmaster - E-mail: safpa.rings@axxess.co.za Cell: 082 565 9022 Fax2mail: 086 730 3229

saal en skryf my duiwe se ringnommers op my vorm. Glo my, die laaste paar kon ek byna nie skryf nie, koue. Warmte is meer my sterkpunt, maar suffer ook maar as die grade styg na 42 C. n Koppie warm koffi e het natuurlik alles reggemaak. Stadig daag die vertoners op, so lekker om die ou gesigte weer te sien. Lekker om van die juniors weer te sien, n mens raak so bang dat hul gaan wegraak. Daar is natuurlik n tyd dat van hulle wel gaan verdwyn. Dink jou in die volgende situasie in. Matriek is verby en die deure van die grootmenswêreld gaan voor jou oop. Onthou by die universiteit of by die nuwe blyplek is daar nie hokke nie. Dink aan arme pa of ma wat vir n paar jaar duiwe moet versorg. Ek troos my daaraan dat as die saadjie van duiwe reggeval het, gaan hulle terugkom. Nadat die weermag en leerdery verby was en ek myself gevestig het, kon alles weer normaal verloop, bedoelend hokke met duiwe en hoenders. Net vere-mense sal dit verstaan!!!! En daar kom ek toe sonder my karperdmaat, Danie Visser, by die SA s aan. Dit was nogal n aanpassing, groter as wat ek gedink het. Ek moes regtig my voete vind, want ek is nie n alleenloper nie. Dan ontdek jy daar is nuwe en ou bekendes met wie jy n nuwe of dieper band kan smee. Dankie, dit was lekker om met julle te kon meng en gesels. President Chris de Bruin Tel: 012 819 1594 (na ure) 012 420 0181 (kantoor ure) e-mail: chris.debruin@ dcs.gov.za of tiaandebruin@hotmail.com Beoordeling bly n tameletjie. Nog nooit gehoor van iemand wie se duif gewen het die sertifi kaat of die rooiplakker wil gaan teruggee omdat volgens sy opinie daar beter duiwe op die skou is as syne in die spesifi eke ras. Ek glo die beoordelaars probeer hul bes. Indien hy of sy nie die beste duif laat wen nie dan is dit jammer en is nog erger as dit jou duif is. Beoordeling sou soveel makliker gewees het as jy n liniaal gehad het om te meet en weeg, maar dit is subjektief en menslike voorkeure, siening en interpretering van die standaard en vele meer kan bydrae tot verskillende plasings van duiwe. Die druk word dan natuurlik al groter op myself om myself te bekwaam as beoordelaar en so my bydrae te lewer. Hierdie storietjie sal ek nooit vergeet nie. n Goeie duiwevriend van my vertel my dat hy een jaar n spesifi eke ras op die SA s moes beoordeel. Toe hy sy vier seksiewenners langs mekaar plaas om die beste ou, beste jong en raswenner moes aanwys, besef hy die beste duif is nie onder die groepie nie, maar sit nog steeds in die skouhokkie, want die duif wou nie vertoon tydens beoordeling nie. Voor die tyd en na die tyd was dit ooglopend die wenner. Wat maak jy dan? Sy woorde aan my was, Ek sal nooit weer n beoordelaar kritiseer nie. Maak hiermee wat jy wil!!!!! Een beoordelaar het gesê, Onthou jou duif is net vir n paar sekondes of minute voor my, indien hy of sy nie perform nie dan gaan hy of Sekretaris Peet Botha Sel: 082 467 0996 e-mail: peetsandra@ vodamail co.za National Editor - E-mail: cora.christo@gmail.com - Cell: 076 391 5800 The Fancy Pigeon 7 Die Sierduif

sy terug skouhokkie toe. Dankie beoordelaars vir jul taak, n ondankbare taak. Die lengte van die SA s sal altyd n omstrede onderwerp wees. Vir sommige is dit regtig vakansie-tyd en vir ander weer slegs n skou met werk wat wag by die huis. Hoe stel jy almal tevrede. Die vergaderings en toetsing van voornemende beoordelaars wat MOET plaasvind tydens die SA s dra by tot die probleem. Netso kan jy nie Woensdag klaarskou en die namiddag jou duiwe vat en loop nie!!. Met die manier van doen oor jare is daar n kultuur geskep wat moeilik verbreek gaan word. Ek is een van die ouens wat hou van die langer ene. Omdat ons ons duiwe eers Dinsdag kon hok (die rede hiervoor is verstaanbaar en ek aanvaar dit ook so) was die rustigheid van inhok daarmee heen. Net daarmee klaar toe begin die vergaderings, ook baie noodsaaklik. Van die UK-lede moes noodgedwonge maar sit in die vergadering terwyl hul duiwe nog in die houers staan en woensdag begin beoordeling!!! Donderdag word in beslag geneem deur spesialiteitsklub-vergaderings en toetsing van nuwe beoordelaars. Die aanbied van die prysuitdelingsfunksie op Donderdagaande is egter n wenner. Iewers moet die AJV gehou word en die 2de UK-vergadering waar klubs die geleentheid kry om verslag te doen van hul Chris de Bruin Teel met Cauchois, American Giant Runts, Strassers, Swiss Mondains & Gros Mondains. Kontak besonderhede: Tel: 012 8191594 (n/u), 012 4200181 (k/u), e-mail: chris.debruin@dcs.gov.za of tiaandebruin@hotmail.com aktiwiteite, dit is vir Vrydag geskeduleer. Sodra die laaste UK-vergadering verby is, kon ons duiwepak en groet. Hoe verkort jy bogenoende? Hokgroottes en saalbou. Hierdie is nagmerries vir baie skoubesture. Daar moet fondse wees om daardie addisionele hokke te bou of te huur en te gaan haal indien jy dit nie het nie. Gelukkig vir die streke wat oor die nodige fondse beskik om bogenoemde probleem op te los. Netso raak hande wat gewillig is om al die bou- en afbreekwerk te doen sowel as die wat bereid is om die pos van skoubestuurder te aanvaar al hoe skaarser. Enige skou het die nadeel dat nadat al die lekker verby is moet daar opgeruim, skoongemaak en weggepak word. Vra vir die wat dit al baie gedoen het, hul raak later kopsku!!!. Maar wat kry jy gedoen sonder moeite en as dit vir jou stokperdjie is, is jy bereid om die ekstra myl te loop!!!!!! Aan Vrystaat en sy span, dankie vir n lekker skou, lekker geselskap en lekker kos. Ons as deelnemers waardeer al jul insette. The Fancy Pigeon 8 Die Sierduif National Ringmaster - E-mail: safpa.rings@axxess.co.za Cell: 082 565 9022 Fax2mail: 086 730 3229

Beste wat ek ooit gebruik het. Nou n jaar in gebruik. Duiwe in top kondisie. Puik verveer en ken nie meer siek duiwe nie. Het ook puik veerkwaliteit Lourens Muller. Die Duiwehoekie. 29/01/2017 bioworx ANIPRO Aqua - 25 x 5g R117.34 Ander produkte: bioworx AVIANPRO (Brouersgis) 1kg R156.18 bioworx ENERGYOIL 500ml R182.00 bioworx ENERGYOIL 1lt R346.30 bioworx BIOFUEL 1kg R125.99 bioworx DECHLOR 500g R255.00 (BTW ingesluit / Afleweringsfooie uitgesluit) National Editor - E-mail: cora.christo@gmail.com - Cell: 076 391 5800 bioworx (edms) bpk 2000/019696/07 Dekgrasweg 429 Sivertondale Pretoria Tel: 012 348 8888 / 082 879 4208 E-pos: hennie@bioworx.co.za Webwerf: www.bioworx-pigeon.co.za The Fancy Pigeon 9 Die Sierduif

South African Rare Breeds Club Suid-Afrikaanse Skaarsras Klub Established *** 1988 *** Gestig We endeavour to enhance the following rare breeds Ons bevorder die volgende skaarsrasse Arabian Trumpetter, Carneau, Cauchois, Crested Soultz, Damascene, Danish Saubian, Danzig High Flyer, Domestic Flying Flight, Domestic Show Flight, Dutch Capuchine, Dutch Highflyer, Fairy Swallow, Full Head Swallow, Maltese, Indian Fantail, Jacobin, Memeler Highflyer, Muffed Ice Pigeon, Cleanlegged Ice Pigeon, Nuremburg Lark, Ptarmigan, Silician Swallow, Skoorsteenveër, Starling, Stargard Shaker, Steinheimer Bagdad For more information - Contact - Vir meer Inligting kontak President: Hennie Hattingh Tel: 034 995 1020 Cell: 082 923 3910 Sekretaris: At van Jaarsveld - Tel: 013 245 1700 of Cell: 082 368 1214 NAK Smit Teel met American Show Racers Patrysstraat 36 Stellenbosch 7600 Cell: 072 585 0348 E-pos: naksmit@adept.co.za The Fancy Pigeon 10 Die Sierduif National Ringmaster - E-mail: safpa.rings@axxess.co.za Cell: 082 565 9022 Fax2mail: 086 730 3229

National Editor - E-mail: cora.christo@gmail.com - Cell: 076 391 5800 The Fancy Pigeon 11 Die Sierduif

Bankovs, Manie Fourie and Bertie Wessels Trophies/Trofees Rules 1. The duration of the competitions will be from the 1st of July to the 30th of June. 2. An informative/factual article written and researched by a member will earn 300 points. An informative article from another source send in by a member will earn 150 points. 3. A letter from a member will receive 150 points. 4. Regional news will be awarded 200 points. 5. A report about a match meeting will earn 200 points. 6. A Regional, Young bird, Agricultural, District or Speciality Club show and the Championship show will earn 1 point per 1 bird, exhibited plus 200 points if areport is send with. 7. A good idea will earn 100 points. 8. A region which increases its membership as explained in 1 above will receive 100 points for every additional member. 9. For every R1 advert for The Fancy Pigeon a Region will receive 1 point towards the Bertie Wessels Trophy. NB Any member who obtain a R850 advert for the Magazine will earn free membership for the following year. Important information Order from the Nat Ringmaster: 1. Book of Standards R200 each 2. SAFPA ties (Navy blue) R60 each 3. SAFPA Pocket badge (Navy blue) R35 each 4. SAFPA Area scroll (Navy blue) R30 each 5. SAFPA Honour scroll (Navy blue) R30 each 6. Metal Member & Judges scrolls R50 each 7. National pocket badges (Green) R40 each 8. National Honour scrolls (Green) R30 each 9. National Ties (Green) R120 each All prices excludes Postage contact Robin Prince for correct postage Reëls 1. Die tydperk van die Kompetisies strek van die 1ste Julie tot die 30ste Junie. 2. n Leersame/feitelike artikel deur n lid self geskryf en nagevors verdien 300 punte. n leersame artikel vanaf n ander bron wat net deur n lid ingestuur is verdien 150 punte. 3. n Brief van n lid verdien 150 punte. 4. Streeknuus verdien 200 punte. 5. n Verslag oor n Duiwedag verdien 200 punte. 6. Enige Streek-, Landbou-, Jongduif- Grasperk Spesialiteitsklubskou asook Kampioenskapskou sal 1 punt per duif vertoon ontvang plus 200 punte indien n verslag saamgestuur is. 7. n Goeie idee sal 100 punte ontvang. 8. n Streek wat sy ledetal verhoog soos in 1 hierbo uiteengesit sal 100 punte ontvang vir elke addisionele lid. 9. Advertensiegeld wat n streek vir Die Sierduif insamel, sal n punt ontvang vir elke rand ingesamel ten opsigte van die Bertie Wessels trofee. NB n Lid wat R850 aan n advertensie vir Die Sierduif werf, sal vir die volgende jaar gratis lidmaatskap ontvang. Score board Bankofs Shield 1. Freestate: 2303 Manie Fourie Trophy 1. Northern Freestate: 1134 2. North-of-the-Vaal: 1086 3. Western Transvaal: 840 4. Northern Cape: 653 5. Eastern Region: 450 6. Eastern Province: 450 7. KwaZulu-Natal: 334 8. Western Cape: 0 9. SW Districts: 0 Bertie Wessels Trophy 1. KwaZulu-Natal 0 The Fancy Pigeon 12 Die Sierduif National Ringmaster - E-mail: safpa.rings@axxess.co.za Cell: 082 565 9022 Fax2mail: 086 730 3229

Ds Hennie Hattingh ontvang Ere-Presidentskap toekenning van Chris de Bruin, Nasionale President van die SASV Pierre le Roux Ere-President van die SASV ontvang die Hoofbeoordelaars Trofee van die Nasionale President Die volgende vier fotos van Seppie Esterhuysen vetel die storie van wat gebeur het tydens die 2018 SA s in Bloemfontein van Modenas in hulle hokkies, lekker eet by die prysuitdeling, Seppie se mooi Runt en Modena beoordeling.