PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

Similar documents
The Influence ofdietary Protein Levels on Growth Curve Parameters of Quail

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY

Core vs non-core vaccines Legitimate immunisation records Importance of vaccination Vaccine administration Immunisation programme

116, Graaff-Reinet, 6280

Agter die kap van die byl

The Blom brothers, Robert and

RULES/REËLS , FAUNASIG 9325, / ,

Contents. Inhoud. Advertisements. Advertensies

Raad en personeel 2. Van die Vise-President 4. Die regte stoetbul van die begin af. The correct stud bull from the start 8

NUUSFLITS \ NEWSFLASH

Western Cape Government. Agriculture. Canola

La Rhone John Deere LR 0977 Snr Kampioen Limousin Bul. La Rhone Garland LR 0739 Snr en Groot Kampioen Limousin Koei

BFN GSD CLUB NEWS LETTER/NUUSBRIEF

Veekundige Beraad. 17 Julie 2014 Vrede

God s gift to Cattlemen

TULI joernaal 2014 journal

OCCURRENCE OF HELNIINTH INFECTIONS IN DOGS IN FIVE RESOURCE-LIMITED COMMUNITIES IN SOUTH AFRICA

BRANGUS Joernaal 2011 Journal

WELCOME TO / WELKOM BY WOODVIEW ANGUS VALUE FOR MONEY FEMALE SALE! On behalf of / Namens THE ANGUS FAMILY

SHELLEY POINT NEWS. June A community newsletter dedicated to fostering a sense of community and the free flow of information at Shelley Point


For the love and care of Fancy Pigeons / Vir die liefde en versorging van Sierduiwe

Vol 28 / No 1 / 2018

SENEPOL NEWS. Senepol Breeders Society established. National Senepol Auction 9 April 2011, Circle C Ranches near Excelsior

PROOF. Services by the South African Milch Goat breeders society. Dienste gelewer deur Suid Afrikaanse Melkboktelers vereniging

Protokol : INVOER. Perde : Permanent & Tydelik. vol1.4 ( 2013 )

n Studie van die/a study of the S.A.Boerbok/goat, Savanna & Kalahari Red

NASIONALE DIERETUIN VAN SA PRETORIA NATIONAL ZOOLOGICAL GARDENS OF SA

n Algemene resep wat gebruik kan word vir die A general recipe for raising hand-reared lambs: grootmaak van hanslammers is:

DIE OMVANG EN PRAKTIESE UITVOERBAARHEID VAN ONDERSTEUNDE INKLUSIEWE ONDERWYS IN PUBLIEKE LAERSKOLE IN GAUTENG. deur. Emmarentia Frederika Rheeders

MEI/MAY 2016 NWKV Nuusbrief 39 / NWGA Newsletter 39. CMW is die hoofborg van hierdie nuusbrief.

Vrae: Wie van julle het hierdie nuwe fliek gesien: Dinossaur? Wie van julle glo dat daar regtig dinossaurusse was? Miljoene en miljoene jare terug.

KLOSTRIDIALE SIEKTES:

FOR ANIMAL USE ONLY BRAVECTO

No. Animals Born Birth Weight Weaning Weight 12 Month Weight 18 Month Weight Female Male Total Female Male Ave. Female Male Ave. Female Male Ave.

JERSEY SA. Newsletter

PRONDIVAX Multi C8 + B Reg. No. G4207 Act/Wet 36/1947

Observations on neonatal progress of Dormer and South African Mutton Merino lambs

Nasionale Jeugskou/ National Youth Show. Wolskaap / Wool sheep

VICTOR GEL. Reg no. L8594 Act/Wet 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 4A IRAC INSEKDODERGROEPKODE ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL

MOLKENTIN-STUD. We are selling breeding stock all year. round in all price-ranges depending on quality.

Third Quarter 2016 The

"Veterinere Volksgesondheid - Vakgebied of Beroepstaak1" Universiteit van Pretoria

CONTENTS. FACT SHEET 1: BVD Monitoring & Vaccination in Suckler Herds. FACT SHEET 2: BVD Monitoring & Vaccination - Selling Bulling Heifers

FOR ANIMAL USE ONLY BRAVECTO

DIERE HANTERING deur Leon Kruger

SOUTH AFRICAN NATIONAL CAGE BIRD ASSOCIATION

Natures money maker A NEW DAWN FOR SHEEP BREEDERS

FEEDBACK ON CONGRESS MATTERS OF THE RMAA - MAY 2014

» Young Veterinarian of the Year Award

SA STAMBOEK SA STUD BOOK

The effect of different incubation temperatures on chick quality

LUGWEG- INFEKSIES IN BEESTE: n Paar vrae beantwoord

KALF- GESONDHEID. Rotavirus Coronavirus E.coli. Waterig met slym, en groot volumes. Nie so depressief as met Rotavirus nie, drink nog melk.

November (Previous disease reports can be seen on the RuVASA website ) These reports include data from individual practices

DIE ROL VAN SOSIALE ONDERSTEUNING IN DIE LEWENSTEVREDENHEID VAN MIV-GEAFFEKTEERDE ADOLESSENTE ALBERTUS J MALGAS

BAMBINO KLEUTERSKOOL

HOE HOW registreer ek my bokke by SA Stamboek do I register my goats at SA Studbook

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates October/Oktober 2014

Jakkals Jag 2 Roepers!

Visit our website:

Suckler cow management. Dai Grove-White.

From the Horse s Mouth

ACKNOWLEDGEMENTS. dedicated to

SUPER SUMMER SALE. Saturday 15 November 12:00

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates March/Maart 2015

Visit our website:

FOR MEMBERSHIP & GENERAL ENQUIRIES PLEASE CONTACT THEUNS EKSTEEN AT Hot off the Press!!

e-magazine Issue 2, Spring 2014

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates June/Junie 2014

Quantitative feed restriction of Pekin breeder ducks during the rearing period and its effect on subsequent productivity

June/July Enjoy the reading, and please inform us if there is a specific topic you need covered. Regards

Magazine. Home make over page 9. Food that make you HAPPY page 12. WIN A ROMANTIC DINNER FOR 2- page 3 ONLINE I M ON YOUR PHONE!!

An analysis of the Pseudocordylus melanotus complex. (Sauria: Cordylidae)

SA Boerbok Boer Goat B O E R G O A T N E W S N R

Celtis africana. Sterkfontein Country Estates January/Januarie 2014

Council Report General Overview

DECLARATION. Date: 20 September Copyright 2010 Stellenbosch University. All rights reserved

Celtis Africana January The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

DG NEWSLETTER. District 410D March 2018

UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2 50 JAAR GELEDE 3 APPELKOOSONDERSTAMME 3 FRUIT JUICE MATTERS 6 PERSKE ONDERSTAMME 8 SPRAY AND HARVEST GF120 12

International delegations visit the Zoo

Improving production with the help of

Y E A R S. photography by Arne Jennard, Jageneau and pvd concept. book design by Open Up Media

INHEEMSE VELDBOKTELERSGENOOTSKAP INDIGENOUS VELD GOAT BREEDERS SOCIETY

Calving Heifers at 24 Months Is it an Option?

ADDENDUM 4 GOOD MANAGEMENT PRACTICES AND SOP S FOR CATTLE FARMERS.

FAERIE GLEN BULLETIN Summer Edition 2018

TIMELY INFORMATION Agriculture & Natural Resources

THINGS TO THINK ABOUT FOR THE COMING MONTHS. -Monitoring of Autumn Calvers (expect >60% of calvers to have calved by end of march)

C.z. Raux and G.A. Wyma

CALEDON 2018 EIENAAR / OWNER. 08 Januarie Ja en dekbehendigheid. J de Wet / F Hugo. Nee Nee

RESULT / UITSLAG LEEU GAMKA 20 AUG KM

Celtis Africana October The environmental awareness publication of Sterkfontein Country Estates

Assessment Schedule 2012 Agricultural and Horticultural Science: Demonstrate knowledge of livestock management practices (90921)

BEEF SUCKLER HERD FERTILITY. Dr Arwyn Evans B.V.Sc., D.B.R., M.R.C.V.S. Milfeddygon Deufor

STUD BREEDERS MANUAL (Ook beskikbaar in Afrikaans)

DAIRY CATTLE BREEDING

NATURAL BVD VACCINATION THE WAY TO GO?

Insecticide A contact suspension concentrate acaricide for the control of various mite pests on citrus.

Transcription:

PINZGAUER & PINZ²YL GENOOTSKAP/SOCIETY Nuusbrief / Newsletter Volume 12 / Issue 12 Januarie / January 2016 MERENSKY HOËRSKOOL PINZ²YL STOET Merensky Hoërskool het in samewerking met ZZ2 op 22 Januarie 2016 ʼn groep van 14 jong PinZ²yl verse ontvang. Die doel van die samewerkings ooreenkoms is om diere beskikbaar te stel aan die skool vir die praktiese komponent van die vak Landboubestuurspraktyk. Buiten die akademiese doeleindes, word daar ook met die PinZ²yl verse plaaslik en nasionaal geskou. Jeugskoue is die eintlike fokuspunt. Die PinZ²yl ras is besonder geskik vir die klimaat in Tzaneen en die res van Suid- Afrika. Hulle hanteer die hitte goed en hul bosluisbestandheid en weerstand teen bosluisoordraagbare siektes is ʼn baie sterk eienskap van die ras. Die diere het ʼn liefdevolle temperament wat dit veiliger maak vir die kinders om te hanteer. Aangesien sommige leerders nie vertroud is met die korrekte hantering van diere nie, sou ʼn temperamentele bees die taak aansienlik moeiliker gemaak het. Beeste reproduksie, hantering, voeding en dieresiektes is ten volle geïntegreer in die skool se kurrikulum en leerders woon weekliks praktiese sessies en eksterne kursusse, aangebied deur kundiges in die betrokke velde, by. Die personeel by die skool, leerders, ook hul ouers en almal betrokke by ZZ2 Veeboerdery is baie opgewonde oor hierdie projek. Ons vertrou dit gaan ʼn groot sukses wees en so doende jong suksesvolle boere vir ons land se toekoms help voorberei. Mnr. OJ le Roux het onlangs die leisels as stoetbestuurder oorgeneem by me Christelle van der Westhuizen wat na Polokwane verhuis het. Mnr. le Roux het grootgeword op n plaas waar sy pa onder andere met brahmane geboer het. Hy het in 2003 gematrikuleer aan Hoërskool Merensky met veekunde as een van sy vakke. Gedurende 2004 en 2005 het hy werksondervinding in gebouinstandhouding en dieselmotorwerktuigkunde in Engeland opgedoen. Met sy terugkeer na Suid Afrika het hy vir twee jaar onderwys studeer by Tukkies met plantkunde, dierkunde en wetenskap as sy hoofvakke. In 2008 het hy sy studiefokus verskuif na landbou en hy verwerf n Nasionale Diploma in Vrugteproduksie by die TUT. Hierna voltooi hy sy B.Tech graad in plantvoortplanting ook aan die TUT. Tydens vakansies en in sy praktiese jaar werk hy vir Westfalia en doen ondervinding op in die bestuur van avokado s en makadamia s. Sedert 2013 bestuur hy avokado s op n familieplaas in Magoebaskloof.

Jakob Oosthuizen (Senior Bestuurder van die Pinzgauer en PinZ²yl kuddes van ZZ2) en n span van 12 ZZ2 hanteerders het drie dae lank by Merensky nou saam met Mnr. le Roux gewerk om die jong mens-sku verse gereed te kry vir hul eerste ontmoeting met die Merensky leerders. n Formele oorhandigings seremonie word vir die komende week beplan waartydens die Merensky Skouspan amptelik en letterlik die leisels gaan oorneem by die ZZ2 hanteerders. Merensky se trotse skouspan skou uitsluitlik met PinZ 2 yl en Pinzgauer beeste. Die leerders sien uit na n propvol jeugskoukalender in 2016 wat gaan afskop met n bees Jong PinZ²yl verse by Hoërskool Merensky parade by Langs die Oever Landboufees op 8 en 9 April, ons eie Plasie jeugskou op 7 Mei by Hoërskool Merensky, gevolg deur die Letaba jeugskou en Pretoria jeugskou in Augustus. Merensky is in die bevoorregde posisie om hierdie jaar n groot groep ervare senior skoumanne en -dames te hê wat kan help met die opleiding van die entosiastiese nuwelinge in die skouspan. Die skool het n behoefte aan skou-gereedskapskissies met borsels en ander skougereedskap. Enige individue of maatskappy wat belangstel om n bydrae te lewer tot die borg van hierdie kissies kan gerus vir Me Stephanie Perold skakel by 0731486529. van links: Lourens de Jager (Mentor - ZZ2 Veeboerdery), Mev. Fransie le Roux (Onderhoof van Hoërskool Merensky), Stephanie Perold (Landbou Vakhoof) en Paul Gubitz (Lid van die Beheerliggaam van die skool: Landbou Afdeling) Pragtige PinZ²yl Verse in die mooi groenvoerkampie by Hoërskool Merensky. FACEBOOK AND WEBPAGE We are very pleased to inform you that our webpage is up & going so please send your Stud profiles, adverts, sales of cattle and news to Sonja Potgieter (sonjamooketsi@gmail.com) so that it can be added.https://www.sacattle.co.za Regarding our facebook page, thank you for the support from those of you who are using it. For everyone else please join us with your photos, comments and likes to make this group great. https://www.facebook.com/groups/pinzgauerpinzylsociety/

BESOEKERS / VISITORS Adv. Marius van Zyl en sy seun, Jan, van die METZYL PINZ²YL STOET het by ons kom besoek aflê op die 28ste Januarie 2016 en die pragtige vordering en welstand van sy diere kom besigtig. n Besoek wat baie waardeer is deur die personeel by ZZ2 Veeboerdery. Hier is hulle saam met Flip Botha (in die middel) Bestuurder van die PinZ²yl Mentorskap projek. WEANING PERIOD Greetings for the new season 2016 ; we enter the new season with hardship brought by the climatic changes which has seen many farmers losing hope, many livestock perishing due to the drought and the economy being at its low; never the less we lean on the old saying When the going gets tough, the tough gets going. This short article will outline and discuss how we in ZZ2 Livestock Division triumph the weaning seasons. Weaning is basically removing the offspring from depending on its mother; this can be a very stressful time for calves therefore we need to ensure that we minimise the stress as it has effect on the calves health post weaning. After weaning we handle our stock with great care to avoid potential injuries. We then separate bulls from heifers to reduce bullying; these herds are placed in a secured area where there is clean water; good feed and hygienic environment. Good parasite control remains essential as parasitic diseases have the largest financial impact on farm productivity. Parasites of livestock can also be zoonosis, meaning humans can become infected as well. Some parasites cause blood loss which, if substantial, can lead to anaemia and death. Other parasites cause diarrhoea which, if severe, can lead to death. Infestation with parasites can reduce the appetite of animals, resulting in debilitated animals that are more susceptible to other diseases for this reason we ensure very strict parasite control and proper bio- security systems. We have two breeding seasons annually the one for winter calves born between April-June and for our summer calves which are born between September-December. We wean our calves at ages between 7-8 months ideally but at sometimes it all depends on the calf s condition

As per the herd book and breed standards of the Pinzgauer and PinZ²yl Cattle Breeders Society of SA it is compulsory for the owner to weigh their new born at birth and the weaning age and these data should be recorded remember to measure is to know.this weights will be used during our selection process at a later stage. At birth we ensure that our calves suckle adequate good quality colostrums which are important to give the calf maternal immunity to certain diseases. By the time a calf is 4 months old, half its food requirement should be met by grass, silage or creep feed, rather than milk as it will be preparing for independence. Calves need to receive individual attention and care immediately following birth. It is compulsory for all cattle to be registered at birth and must bare permanent marking methods and all calves should be identified in less than twenty days. Our primary marking method is Ear tagging which is done on the left ear while tattoo is done in the right ear as our permanent marking method. Animal Diseases Act 35 of 1984 states that it is the responsibility of the owner to vaccinate their livestock for endemic scheduled diseases, vaccination has proven to us beyond reason doubts to be highly effective in prevention of many disease outbreaks and failure to vaccinate continue to be obstacle for growth in many farming enterprises; therefore here in ZZ2 we vaccinate for varies diseases such as Brucellosis, Lumpy Skin, Anthrax, Black quarter and other production diseases. Other practices such as dehorning are also being carried out. After our calves have been weaned and all the mentioned practices done we then select according to phenotype in line with the Herd Standards Manual i.e. calf with poor growth rate classed in order to get intensive care; deformed animals are culled and also select for the ARC performance test recordings. All weaned calves should be under strict surveillance to avoid loss in case of acute diseases. Good primary animal health care, proper nutrition practice and good management principles remain our secret recipes for having a wining herd. We hope you have learnt something from this article about weaning, may this year bring hope to all farmers and lets all join in prayer for good rain. Let s make this a productive year even in these adversities we are faced with. Happy Farming. Masipa Asser Mantsho (BSc. Agriculture in Animal Health) ZZ2 Livestock Division Email : grootboom@zz2.biz ALGEMEEN / GENERAL Die Pinzgauer en PinZ²yl Beestelersgenootskap het dit goedgedink om elke maand aan julle Inligting te voorsien ten opsigte van die Handleiding vir Stoetteles deur SA Stamboek- en Diereverbeteringsvereniging. Hiermee ons eerste plasing: HOOFSTUK 1 DIE VEE- EN STOETBEDRYF IN SUID-AFRIKA ʼn Ras word omskryf as ʼn populasie diere wat van ander populasies binne dieselfde spesie verskil ten opsigte van spesifieke, geneties-gebaseerde eienskappe.

Vee en stoetbedryf Telersgenootskappe is mettertyd gestig om beheer uit te oefen oor die aantekening en teling van elke ras, deur rasstandaarde voor te skryf en stambome in stand te hou. Hierdie praktyk het aanleiding gegee tot die mees algemene kenmerke van rasse, die diere van elke ras beskik oor ʼn mate van eenvormigheid ten opsigte van sekere eienskappe, en sulke diere van ʼn sekere mate van gemeenskaplike afkoms is, en deur ʼn aantekeningsertifikaat bevestig kan word. Die foutiewe idee dat stoetstatus bloot op ʼn dier se stamboom berus, geld lankal nie meer nie. Hedendaagse bedryf vereis dat stoetdiere oor ʼn bewese meerderwaardigheid moet beskik, wat voort vloei uit die doelgerigte toepassing van stoetdiere se stamboominligting, rasstandaarde, evaluasie van funksionele doeltreffendheid en produksie aantekening. Die aantekening van hierdie inligting stel stoettelers in staat om aanpassings te maak in hul teeldoelwitte en teelprogramme en om toepaslike genetiese materiaal aan die bedryf beskikbaar te stel. In kommersiële teelstelsels word kruisteling dikwels toegepas. Die sukses van kruisteling hang grootliks af van die genetiese samestelling en meriete van die ouers wat in die program gebruik word. Die waarde van kruisteling lê daarin dat ouerrasse mekaar kan aanvul t.o.v. die laagoorerfbare eienskappe waarin hulle onderling tekortskiet, naamlik deur heterose. Die sukses van heterose is egter afhanklik van die ouerrasse se suiwerheid en die genetiese afstand tussen hulle. Diere wat in kruisteling gebruik word moet individuele voortreflikheid besit t.o.v. additiewe eienskappe wat in die teelprogram van belang is, byvoorbeeld produksie-eienskappe. In kommersiële teelstelsels waar ʼn enkele ras vir die vader- en moederlyne gebruik word, is die individuele meriete van die teeldiere selfs meer belangrik as die kruisteelstelsel. Om hierdie rede moet daar gewaak word teen die ongewensde praktyk waar selfgeteelde, of aangekoopte, kruisbulle gebruik word. Op die kort termyn is daar oënskynlik baie voordele, maar onoordeelkundige gebruik van kruisbulle kan nadelige langtermyngevolge inhou en selfs ʼn kommersiële produsent se ondergang beteken. Dit is ʼn feit dat die waarde van ʼn kruisbul nie naastenby met die van ʼn kruiskoei vergelyk kan word nie. Dit is wetenskaplik bewys dat, terwyl kruiskoeie tot 13% swaarder kruiskalwers speen, kruisbulle hoegenaamd geen bydrae gelewer het tot die verhoogde speengewig in kommersiële produksiestelsels nie. Daar is verder ook geen bewyse dat kruisbulle speengewig of groeivermoë enigsins kan verbeter nie, hulle veroorsaak eerder ʼn afname in die produktiwiteit van ʼn kruisteelstelsel. Die sukses van kommersiële veetelers se teelprogramme is afhanklik van die genetiese kwaliteit van die insette en dit illustreer duidelik hoe wedersyds afhanklik die stoetteler en die kommersiële veeboer van mekaar is. Die rol van die stoetteler is hoofsaaklik om by te dra tot die suiwerheid en verbetering van die ras deur seleksie, rasstandaarde en uitruilings van genetiese materiaal met ander telers binne die ras. Stoettelers moet produktiewe maar bekostigbare teelmateriaal aan die kommersiële bedryf lewer deur meting, aantekening van herkoms, produksie-evaluasie en seleksie. Sulke bydraes vorm ʼn groot grondslag van die doeltreffende produksie in die veebedryf. Stoettelers moet bewus wees van wat die mark en hulle kliënte (die kommersiële telers) verlang en hul teeltbeleid sodanig ontwerp dat hulle nie alleen in die mark se behoeftes kan voorsien nie, maar om slegs bewese meerderwaardige genetiese materiaal so bekostigbaar moontlik aan die kommersiële bedryf kan lewer. Die stoetbedryf is dus duidelik ʼn noodsaaklike vennoot in die totale veebedryf en sy voortbestaan is noodsaaklik vir ʼn mededingende, vooruitstrewende veebedryf. Diereteelt het verby kunsmatige inseminasie (KI) en embrio-oorplasing (EO) gevorder. Nuwe tegnologieë sluit in ovumopvangs, in vitrobevrugting, embriosplyting, semen- en embriogeslagbepaling, kloning en genomiese analises. Telers moet bewus wees van die voor- en nadele van sulke nuwe tegnologieë en die gebruik daarvan om hul teeltdoelwitte te help bereik. ʼn Groot bedreiging vir die stoetbedryf is dat gewilde teeldiere te veel gebruik word en dat dit inteling kan verhoog. Genetiese diversiteit kan slegs behoue bly as inteling beperk word. Dit is juis diversiteit wat diere in staat stel om te reageer op omgewingsveranderings en seleksie. Uittreksel van Hoofstuk 1 van die Handleiding vir Stoettelers van die SA Stamboeken Diereverbeteringsvereniging Bestellings beskikbaar by: http://www.sastudbook.co.za/ci3/stoettelershandleiding.html

VERJAARSDAE / BIRTHDAYS Namens die Genootskap wil ons die volgende lede geluk wens met hul Verjaarsdae! Mag hierdie jaar ʼn baie voorspoedige jaar wees met baie sukses en seëninge as Stoet-boere en ondersteuners van beide ons Rasse. JANUARIE / JANUARY 1 - Albert Kgope 1 - Isaac Meso 1 - Sophaniël Maphatha 1 - Hlengani Mathebula 4 - Gielie Nieuwoudt 7 - Esias Koen 14 - Abram Mochoaii 17 - Marius van Zyl 19 - Tim Nixon 21 - Boetlap Pohl 21 - Jan Sime 22 - Phillip Modiba 23 - Pamela Matlou 27 - Anton Venter 28 - Lourens de Jager 30 - Nosipho Pambuka 31 - Neser Fourie FEBRUARIE / FEBRUARY 4 - Johannes Grobler 4 - Steven Benjamin 6 - Rosinah Rapetsoa 7 - Itumeleng Maluleke 8 - Ndibuwo Ramuntshi 10 - Aaron Boya 13 - Sean Connoway 16 - Oupa Moima 16 - Bronwen Talbot 18 - Paul Bester 21 - Norma Seyfferdt 25 - Pieter Oosthuizen AANDAG / ATTENTION Mr. Abel Makhura of the Makutsa PinZ²yl Stud is selling his 2 Cows and 2 Heifers. Please Contact him for any information at: Cellphone: 0721967473 e-mail: abel.makhura@gmail.com

IMPORTANT DATES / BELANGRIKE DATUMS 1. Bloemfontein Skou / Show 28 April 2016 (Interras / Interbreed 29 April 2016) 2. Nampo 17 20 Mei/May 2016 3. Royal Skou / Show 27 Mei / May 05-Junie/June 2016 4. Jacaranda Skou / Show 24 28 Augustus / August 2016 5. Agri Mega 14-17 September 2016 Sien hierby aangeheg / Please see attachment hereto. PINZGAUER EN PINZ²YL GROETE...